Groot nuus vir Samsung-aanhangers
Die S9 is die eerste groot bekendstelling sedert die vrystelling van die Note 8 in September.
Liefhebbers van Samsung se reeks slimfone sal verheug wees om te hoor die nuutste modelle van dié Suid-Koreaanse slimfoonvervaardiger gaan reeds in Februarie aanstaande jaar bekendgestel word.
Volgens aanvanklike verwagtinge gaan Samsung die nuwe Galaxy S9 en Galaxy S9 Plus so vroeg as laat Februarie bekendstel en te koop aanbied in middel Maart.
Die haas is glo om te kan meeding met Apple se iPhone X wat in Oktober uitgereik is.
Samsung se nuwe vlagskipfoon gaan soortgelyk wees aan die Galaxy S8, wat in Maart verskyn het, maar met 'n verbeterde kamerastelsel, verklap diegene in die binnekring. Die finale spesifikasies van die Galaxy S9 is egter nog 'n geheim.
Die koms van die S9 is Samsung se eerste groot bekendstelling sedert die vrystelling van die Note 8 in September. Daar is ook bygevoeg dat die planne vir die nuwe modelle nog kan verander. Samsung het egter nie self op die gerugte gereageer nie.
Krimpende markaandeel
In 'n toenemend kompeterende mark is die vrystelling van die S9 en S9 Plus des te meer noemenswaardig, meen kenners. Die hoop bestaan dat Samsung daarmee sy vastrapplek as een van die dominerende rolspelers in die selfoonmark sal verstewig, ten spyte van sterk kompetisie van Apple se iPhone X.
Ten spyte van sy heftige prys van US$999 het die jongste iPhone behoorlik van die winkelrakke gevlieg en word daar wyd gerapporteer van tekorte aan dié spoggerige slimfoon in die aanloop tot Kersfees. Analiste voorspel dat Apple meer as US$80 miljard in inkomste gaan genereer in die eerste kwartaal.
Daarteenoor het Samsung die globale mark gedomineer in die derde kwartaal vanjaar voor die iPhone X vrygestel is. Volgens data van die Internasionale Datakorporasie (IDC) beskik Samsung oor 'n 22% markaandeel. Apple is in die tweede posisie met 'n 13% aandeel.
Kenners meen teen die einde van volgende jaar kan die prentjie heelwat anders lyk met Samsung se markaandeel wat tot onder 20% val. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie