Groot mylpaal vir HTS Windhoek
Die Hoër Tegniese Skool Windhoek vier vanjaar sy 45ste bestaansjaar. Hierdie opvoedkundige reis het begin in 1972. Die tema vir die skool se verjaardag handel oor die transformasie van opvoeding in Namibië en die belangrike rol wat vaklui, tegnici en beroepsonderrig in maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en die ontwikkeling van nywerhede speel. Dit is ’n mylpaal vir die skool waartydens op opvoedkundige, sport-, kuns- en kultuurprestasies gefokus sal word. Die amptelike vieringe vind vanaf vanaf einde Oktober tot 5 November 2017 by HTS plaas. In die foto is mnr. Theo Ndaamekeke (onderwyser en skoolraadslid), me. Jackey Onesmus (tesourier), mnr. Eliphas Shipanga (voorsitter van die skoolraad), mnr. Connis Christoph (skoolhoof) en me. Constansia Ramatekwane (skoolraadslid). Foto Octavia Tsibes
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie