Grondwet is ‘die siel van die nasie’

Namibië herdenk opperwet

12 February 2020 | Gebeure
Augetto Graig - Maandag (10 Feb) is die 30ste herdenking van die inwerkingtreding van die Namibiese Grondwet op 9 Februarie 1990 by Hoërskool Dawid Bezuidenhout gevier.

Prof. Peter Katjavivi, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het honderde matrikulante van 12 hoërskole in die hoofstad by die geleentheid toegespreek.

“Wat in ons samelewing kort, is nasionale trots op ons Grondwet,” het hy gesê.

Katjavivi is een van die oorspronklike 75 lede van die Grondwetlike vergadering wat toegesien het dat die Grondwet binne 80 dae geskryf is.

“Dertig jaar is ’n lang reis en dit raak nodig om die hoogste wet van ons land te oordink,” het hy gesê.

Volgens Katjavivi verg ware demokrasie gelykheid.

“Die Grondwet verseker ’n beter Namibië vir vandag en môre, waar elke burger bevry voel, elke kind met vryheid en in regverdigheid kan leef, sonder vrees vir onderdrukking of diskriminasie. Ons behoort trots te wees in die wete dat ons is wie ons is. Namibië is ’n nasie wat omgee, en ons moet na mekaar omsien. Die wat sterk is, moet na die wat swak is, omsien, en niemand moet uitgesluit voel nie,” het hy gesê.

“Ek hoop 9 Februarie sal van nou af ’n nasionale geleentheid oraloor Namibië word sodat ons die Grondwet voortdurend kan evalueer en kyk hoe ons hierdie opperwet kan versterk,” het hy gesê.

Die ombudsman, adv. John Walters, het by dieselfde geleentheid gesê ’n land se grondwet weerspieël die siel van daardie nasie, en dien as brug na ’n beter bestaan.

“Ons grondwet word gerespekteer, en tuis en in die buiteland waardeer. Dit is as een van die vooruitstrewendstes ter wêreld geloof. Dit was ’n baanbrekersdokument. Iets goed uit Afrika; ’n skitterende voorbeeld genoem. Die proses waardeur ons dit geskryf het, was uitstaande. Dieselfde grondwet is nou nog in werking. Beteken dit ons is die Namibië wat ons wil wees?” het hy gevra.

“Dit is moeilik om al die beloftes na te kom. Die Grondwet belowe gratis en verpligte opvoeding en staatskole met geriewe, maar dit waarborg nie beskerming teen tienerswangerskap nie, ook nie dat jy sonder harde werk sukses sal bereik nie, of ’n hoë slaagsyfer nie.

“Die elemente van die Grondwet toon ons is ’n samelewing wat omgee. Ons kan die Grondwet nie blameer as die proses stadig is nie. Wie moet ons blameer? Die antwoord lê in jul hande,” het hy aan die jong Namibiërs gesê.

Walters het voorgestel die leerlinge skryf ’n opstel om die volgende vraag te beantwoord: Is ons die Namibië wat ons wil wees?

Me. Laura McLeod-Katjirua het die geleentheid ook bygewoon en gesê Namibië is vry van kolonialisme en apartheid.

“Ons is nie Suidwes-Afrika nie, maar ’n onafhanklike Namibië. Ons grondwet is die moeder van alle wetgewing in Namibië. Ons is as een van die mees demokratiese lande in Afrika erken. Ja, ons is die Namibië wat ons wil wees en Visie 2030 vir ons toekoms lê in die hande van elke patriotiese Namibiër – jonk en oud.”

Afskrifte van die Grondwet is aan die leerlinge uitgedeel en leerlinge wat uitstaande poësie geskryf het, het toekennings ontvang.

[email protected]

Soortgelyk

 

Fishrot: Geen borg, eis ACC

17 minute gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

17 minute gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

17 minute gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

17 minute gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

17 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

17 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

17 minute gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

17 minute gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...

Windhoek se vullis drom op

17 minute gelede | Regering

Denver KistingDae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen...