Grondregte staan vas
Grondregte staan vas
Artikel 16 waarborg vrye besit van eiendom
23 December 2020 | Regering
JEMIMA BEUKES
Die huidige beleid om grond van gewillige verkopers vir herverdeling aan te koop, asook die besit van meer as een plaas kan nie grondwetlik verander of verbied word nie.
Die twee voorstelle is twee jaar gelede by Namibie se tweede grondberaad gemaak.
Die jongste vorderingsverslag oor die uitvoering van die konferensie se besluite benadruk dat Artikel 16 van die Grondwet gepaardgaande eiendomsregte verskans. Grond kan dus nie sommer van onwillige eienaars gekoop word nie en die strydkreet "Een Namibier, een plaas" is dus ook nie wetlik uitvoerbaar nie.
Die dokument waarin die tameletjie saamgevat word, is gedateer 2 Desember 2020.
Verskanste menseregte kan nie gewysig word nie - selfs nie deur middel van 'n referendum nie.
Volgens die span bemoeid met nuwe grondhervormingsplanne maak eiendomsreg nie onderskeid tussen Namibiese en buitelandse persone nie en ook nie tussen privaat persone en besighede nie. Volgens die verslag word minder as een persent van landbougrond deur regspersone besit en is veelvuldige eienaarskap ewe beperk.
Die verslag meld dat die regering self verskeie plase bestuur en dus ook 'n veelvuldige eienaar is.
Middele vir hervorming wat aan grondwetlike voorskrifte voldoen, bestaan volgens die verslag reeds. “Tot dusver het die mark grond vir verkryging beskikbaar gestel," lui die raad aan die regering.
"Die verkrygingsmag berus egter op die status van 'n ekonomie op 'n gegewe tydstip. Dit is die status van die ekonomie wat bepaal hoeveel jy kan spandeer. Terwyl hierdie program steeds deur middel van 'n jaarlikse begroting gefinansier word, het die huidige ekonomiese onstuimighede nie die verhoging van grondpryse moontlik gemaak nie,” bevind die verslag.
Volgens die verslag sal dit ses jaar neem om nog 1,3 miljoen hektaar grond aan te skaf.
Die identifisering van onderbenutte grond vir hervormingsdoeleindes is volgens die verslag 90% voltooi.
- [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies