Grond: Wit boere wu00edl praat
Grond: Wit boere wu00edl praat

Grond: Wit boere wíl praat

Voorheen bevoordeeldes sê hulle gee lank reeds samewerking wat betref grondhervorming.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Die president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree oor grond­hervorming nie, en hulle kan staaf dat hulle van meet af betrokke in dié proses was.

Dit volg ná mediaberigte waarin plaaslike grondaktivistegroepe wit kommersiële boeregemeenskappe daarvan beskuldig dat hulle huiwerig is om by die gronddebat ­betrokke te raak en glo waarsku dat 'n tyd sal kom wat swart mense hul grond afvat.

Volgens 'n artikel Maandag in ­Republikein se susterskoerant ­Namibian Sun het die Landless People's Movement (LPM) asook die ­Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) gesê die onlangs gepubliseerde statistieke wat aandui 70% van kommersiële grond is in wit besit, regverdig onteiening.

Die LPM het glo onder meer aan Namibian Sun gesê voorheen bevoordeelde boere wil nie in gesprek met hulle hieroor tree nie en is gelukkig om die status quo te handhaaf.

Die LPM het voorts gesê weens hul weiering om betrokke te raak, berei hulle nou wetlike prosedures voor asook prosesse vir die onteiening van kommersiële plase.

Hulle beplan om met die plase rondom Dordabis en Omitara te begin, asook rondom Tsumkwe, indien nodig. Die LPM-leier, mnr. Bernadus Swartbooi, is glo besig om na plaaslike en internasionale prokureurs uit te reik wat hom op 'n pro bono-basis sal bystaan.

Die AR-leier, mnr. Job Amupanda, het ook met Namibian Sun gepraat en wit kommersiële boere gewaar­sku en gesê hulle moet begin ­betrokke raak by die toekomstige leiers van die land.

“Ons leef nie in 'n illusie nie. Ons weet die wit man besit die grond met die toestemming van die lafaard en die swart elite wat nie die wit man kan konfronteer nie. Maar hierdie mense (huidige leiers) gaan binnekort sterf en dan sal ons ons grond kry.”



BEWYSE VAN SAMEWERKING

Van der Merwe sê georganiseerde landbou het, as verteenwoordiger van eienaars van kommersiële plase, van die begin af dit duidelik aan die regering gestel dat hulle deel van die grondhervormingsproses sal vorm en bydraes sal lewer om volhoubare grondhervorming te verseker.

“In September 2003 het ons reeds 'n eerste bydrae gelewer in die vorm van 'n raamwerk vir die volhoubare gebruik van landbougrond en grondhervestiging in Namibië.

“Ons het in Junie 2004 voorstelle vir die opstelling van beginsels en prosedures gemaak vir die onteiening van grond vir hervestigingsdoeleindes, met die doel om praktiese en toepas­like riglyne te bied vir grondonteiening, wat die minister op 'n onbevooroordeelde wyse sal oorweeg.

“In 2005 het die NLU voorstelle gemaak vir die vestiging van 'n ­Onderhandelingsforum as 'n raadplegende forum tussen grondeienaars, die regering en die burgerlike samelewing wat deur grondhervestiging geraak word.

“Intussen het ons modelle voorgestel waarvolgens plase gekategoriseer en bepunt moet word volgens wie dit besit en of dit doeltreffend benut word, want dit bied 'n puntestelsel waarvolgens besluit kan word watter plase vir hervestigingsdoeleindes aangewend kan word.

“In 2013 het ons 'n dokument opgestel oor die produksiewaarde van landbougrond, wat gebruik kan word om regverdige en ­bekostigbare grondbelasting uit te werk,” het Van der Merwe gesê.

Van der Merwe sê die regering se teiken is om 15 miljoen hektaar van die land se beskikbare 38 miljoen ha teen 2020 in die besit van voorheen benadeeldes te hê.

Tans is sowat 9,5 miljoen ha reeds oorgedra, hetsy deur hervestiging of die regstellende aksie-leningskema, AALS. “Daar is vordering in die opsig,” het hy gesê. Hy sê nog 'n brandende kwessie is dat van die 8,1 miljoen ha kommer­siële grond wat sedert 1992 aan die ministerie van grondhervorming gebied is, hulle slegs sowat 37% gekoop het en die res (63% of 5,2 miljoen ha) van die hand gewys is.

“Wit kommersiële boere gee hul samewerking en bied hul grond aan die regering. Die grondeienaar kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word as die regering dit nie wil koop nie.



NEEM AKTIEF DEEL

“Daar moet ondersoek ingestel word na die eintlike probleem, naamlik wat die rede is dat die regering van die grond van die hand wys.

Van der Merwe sê om te sê 70,1% van kommersiële landbougrond is in die besit van voorheen bevoordeeldes, bied ook nie 'n geheelbeeld nie.

Hy is van mening dat dit belangrik is om alle landbougrond – ook kommunale landbougrond, wat sowat 28 miljoen ha beslaan – in te sluit om te sien wie beskik oor en het toegang tot die gebruik van landbougrond. “Verder behoort produksiepoten­siaal of drakrag van grond ook in aanmerking geneem te word, waarvolgens bestokking bepaal word,” het hy gesê.

Hy het gesê voorheen bevoordeelde ­kommersiële boere neem aktief deel aan ­grondhervormingsgesprekke en het reeds hul standpunte in ver­skeie media gestel – selfs ook op ­nasionale televisie. Terselfdertyd was hulle teenwoordig op al die ­afgelope streekgrondkonferensies.

Van der Merwe het egter gesê hulle is oop vir gesprekvoering en het veral die verantwoordelikheid om met die regering van die dag te praat.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%