Groente vir herfs
Vir weke al maak ons reg vir herfs, elke al fresco maaltyd word waardeer asof dit die laaste een vir ’n rukkie gaan wees. Dan is daar weer ’n nuwe dag en die bakke somerslaai, koue wyn en verfrissende nageregte kom opnuut te voorskyn.
Die verandering in seisoene is altyd welkom, en voordat idees vir tamaties en murgpampoentjies opraak begin pampoen, Brusselse spruite, botterskorsies, soetpatat, blomkool, rape en boerekool op die groenterakke verskyn om nuwe inspirasie te bring. Hoewel die somer nog talm, het Kollig ’n paar resepte vir herfsgroente van Sjef Chantel gekry.
Hier is haar gebakte aartappel- en spekgereg en spinasie- en groenboonslaai.
Aartappel- en spekgereg
Bestanddele:
10 gekookte en geskilde aartappels
2 uie
2 groen soetrissies
’n paar repies spek
250 ml room
sout en peper na smaak
’n paar takkies tiemie
Maak só:
Sny die gekookte aartappels in skyfies. Snipper die spek, braai tot goudbruin en sit eenkant. Sny die uie en soetrissie in dun skyfies. Plaas ’n laag aartappels in ’n oondvaste bak, volg met ’n laag soetrissie, uie en spek. Geur met sout, peper en tiemie. Herhaal die lae totdat die bak vol is. Giet room oor en bak vir 20 minute teen 150 grade Celsius.
Spinasie- en groenboontjieslaai
Bestanddele:
100 g groenboontjies in die helfte gesny
100 g spinasie
100 g jong ertjies in die peul
100 g murgpampoentjies, dun gesny
1 ui
parmesaankaas na smaak
sout en peper
pietersielie en grasuie na smaak
roketslaai
botter na smaak
Maak só:
Kook die groenboontjies vir 4 minute en dreineer. Braai die uie in botter en voeg die groenboontjies by. Blansjeer die spinasie in kookwater, dreineer en voeg by die groenboontjies. Verwyder die pan van die hitte en roer die ertjies en murgpampoentjies by die boontjiemengsel. Geur na smaak met sout en peper. Rangskik die roketblare in ’n opdienbak, plaas die groentemengsel bo-op en besprinkel met parmesaankaas. Garneer met varsgekapte pietersielie en grasuie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie