Groen: Namibië vanaand op die kassie
Groen: Namibië se derde reeks met die gewilde Namibiese aanbieders en omgewingsbewaarders, dr. Rudie en me. Marlice van Vuuren, van die N/a'an ku sê-stigting, begin vanaand op kykNET. Kykers kan sien wat dit verg om wilde diere te rehabiliteer en weer in die natuur vry te laat. Dr. Rudie van Vuuren het gister aan Republikein gesê in die derde reeks, wat weer deur Windhoek Lager geborg is, word veral gefokus op dieregedrag en "daar is 'n baie mooi episode van die San op Tsumkwe". In die eerste episode, wat om 19:30 uitgesaai word, word op aardwolwe gefokus. "Marlice het twee aardwolwe gekry en dit is baie raar dat hulle gesien word. Sy berei kos voor en voer hulle, wys waar hulle bly en ons sien hoe afhanklik van en geheg hulle aan haar geraak het," lui kykNET se lusmaker. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie