Groen lig vir nasorgsentrums
Elvira Hattingh - Nasorgsentrums wat skoolkinders ná skool met huiswerk help, kan weer hul deure vanaf eerskomende Maandag oopmaak – solank al die nodige regulasies vir higiëne en gesondheid gevolg word om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.
“Enige nasorg of na-uurse onderrigsentrums wat spesifieke grade met huiswerk help, kan vanaf 22 Junie weer hul deure oopmaak,” het die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, vanoggend aan Republikein gesê.
“Baie van dié sentrums is informeel en is nie noodwendig by die ministerie geregistreer nie. Die ouers moet dus toesien dat die nodige maatreëls teen die verspreiding van die virus gevolg word,” het sy gesê.
Dit kom terwyl leerlinge oraloor die land vandeesmaand geleidelik begin terugkeer na die skoolbanke ná Namibië op 28 Maart ‘n grendelstaat ingestel het.
Graad 11- en 12-leerlinge kon op 3 Junie weer skool toe gaan. Voorts sal vroeë kinderontwikkelingsentrum-, preprimêre tot graad 3-leerlinge eerskomende Maandag na skole kan terugkeer, waarna graad 7- en 9-leerlinge op 6 Julie sal volg.
Laastens sal graad 4-, 5-, 6-, 8- en 10-leerlinge op 20 Julie na skole terugkeer.
Vanjaar se akademiese jaar eindig op 18 Desember ongeag wanneer ’n betrokke graad weer na die skoolbanke teruggekeer het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie