• Tuisblad
  • Afrika
  • Graça Machel oor Idai: ‘Dis omdat die klimaat verander’

Graça Machel oor Idai: ‘Dis omdat die klimaat verander’

Klimaatverslae dui sedert 2012 daarop dat Mosambiekse kusgebiede en stede in die volgende 20 jaar baie kwesbaar vir siklone gaan wees.
Elise Tempelhoff

Beira sal in die geskiedenisboeke onthou word as die eerste stad in die wêreld wat weens klimaatsverandering onder die see verdwyn het.

Só het Graça Machel, een van Mosambiek se voormalige presidentsvroue, Maandag in ’n onderhoud aan die Mosambiekse koerant Verdade gesê.

Machel het volgens die Portugeestalige koerant gesê sy twyfel nie daaraan dat die verwoesting wat die sikloon Idai in Beira veroorsaak het, die gevolg van klimaatsverandering is nie.

Sy ervaar erge pyn om te sien waardeur haar land en sy mense gaan en dit is vir haar verskriklik om te dink dat die eerste stad wat “heeltemal” deur klimaatsverandering verwoes is, Beira in Mosambiek is.

Volgens Verdade het Machel die provinsies besoek wat die ergste onder Idai deurgeloop het.

“Daar word gedurig gesê die armes sal die hoogste prys vir klimaatsverandering betaal, en dit is presies wat hier gebeur het,” het sy gesê.

Machel het gesê die wêreld het in 2017 gesien wat die siklone Irma en Maria aan die Karibiese eilande, Puerto Rico en die Maagde-eilande gedoen het, maar wat Idai aan Beira gedoen het, is “iets heeltemal anders”.

“Hier het ons ’n hele stad wat verwoes is en wat feitlik heeltemal onder die see verdwyn het.”

HUMANITêRE HULP

Sy het gesê Mosambiek gaan “baie lank” van internasionale humanitêre hulp afhanklik wees. Volgens haar gaan dit nie oor die opbou van die land nie, maar meer oor noodbystand.

“Mense gaan vir baie lank versorging moet kry,” het sy gesê.

“Dit is ’n noodgeval, ongekend in ons geskiedenis. Ons voel verleë, want ons het nie die ervaring om die kompleksiteit van so ’n situasie te bestuur nie.

“Baie meer as 3 miljoen mense word geraak,” het Machel gesê.

Klimaatverslae dui sedert 2012 daarop dat Mosambiekse kusgebiede en stede, waaronder Tofu, Pemba, Xai-Xai, Maputo, Vilanculos en Ponta d’Oura, in die volgende 20 jaar baie kwesbaar vir siklone gaan wees. Boaan die lys is Beira.

Dr. Jennifer Fitchett, klimaatswetenskaplike en senior lektor aan die skool vir geografie, argeologie en omgewingstudies aan die Universiteit van die Witwatersrand, het in November verlede jaar aan Beeld gesê Suid-Afrika en Mosambiek moet hulle op intense kategorie 5-storms voorberei.

Sy het met Netwerk24 gepraat kort nadat haar artikel oor die kategorie 5-storms, wat met klimaatsverandering verband hou en wat in ’n “warmer” Indiese Oseaan gevorm gaan word, in die South African Journal of Science gepubliseer is.

Sy het gesê daar is wetenskaplike bewyse dat die temperatuur van die Indiese Oseaan styg.

Volgens haar beweeg die “pad” wat storms in die toekoms gaan volg, ook suidwaarts in die rigting van die Suidpool.

TROPIESE STORMS

Vorige navorsing wat sy gedoen het, het gewys ’n seetemperatuur van 26 °C is nodig vir ’n tropiese storm om te begin. Die seetemperatuur van die Indiese Oseaan is nou 29 °C.

Volgens haar het Madagaskar tot dusver as ’n buffer vir dele van Mosambiek en die Suid-Afrikaanse kus gedien.

Ná sulke storms het Mosambiek en Suid-Afrika gewoonlik hewige reën ervaar, maar die gevolge was nie so vernietigend nie.

Haar navorsing dui nou daarop dat die jongste neiging is dat kategorie 5-storms verder suidwaarts in die Indiese Oseaan gevorm gaan word en dat hulle verby Madagaskar se suidelike punt sal beweeg en die kusgebiede van Mosambiek en Suid-Afrika sal tref.

Die organisasie 350.org het gister in ’n verklaring gewaarsku Idai is ’n simptoom van aardverhitting en klimaatverwoesting.

Namate die klimaat verder verander, sal hierdie soort storms meer intens raak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%