Graça besoek kinders
In 2013 het 23,7% van kinders in Namibië onder die ouderdom van vyf jaar weens ondervoeding vertraagde groei getoon. In dieselfde ouderdomsgroep het 6,2% weggekwyn, terwyl 13,3% ondergewig was. Volgens die hoof van voeding in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) word maandeliks nagenoeg 37 ondervoede kinders by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek behandel. Me. Marjorie van Wyk het voorts gesê die oomblik wanneer dié kinders gestabiliseer is en hul aptyt terug is, word hulle verwys na gesondheidsgeriewe in hul omgewing om behandeling as ''n buite-pasiënt by ''n kliniek te ontvang. Dit het aan die lig gekom toe me. Graça Machel, kampvegter vir kinderregte, en die VN se Kinderfonds (Unicef) se streekdirekteur vir oos-en suidelike Afrika, me. Leila Pakkala, die Katutura-staatshospitaal gister besoek het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie