Gr.8-leerling sterf ná skoolmaat hom met mes steek
'n Graad 9-leerling (20) van die Kandume Gekombineerde Skool in die Oshikotostreek is van moord aangekla nadat hy Maandag 'n medeleerling met 'n mes gesteek het.
Mhanda Fredrick (18), in graad 8, het aan die meswond beswyk toe hy van die hospitaal op Omuthiya na die Onandjokwe Lutherse hospitaal naby Ondangwa oorgeplaas is.
Adj.komm Naomi Katjiua, koördineerder van misdaadondersoeke in die Oshikotostreek, sê in die misdaadverslag die voorval het 15:40 Maandag gebeur toe die leerlinge ná skool op pad huis toe was.
Die graad 9-leerling het na bewering sonder enige uitlokking 'n mes uitgehaal en die graad 8-leerling daarmee aan die regkant van sy bors gesteek.
Die beskuldigde sal waarskynlik vandag (Woensdag) in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie