Goeie jaar vir bloedbank
Goeie jaar vir bloedbank

Goeie jaar vir bloedbank

Hoewel meer bloed vanjaar aan die bloedoortappingsdiens geskenk is, sal ’n beroep vir die komende vakanseisoen weer op skenkers gedoen word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Broodnodige opknapwerk aan die Windhoekse bloedbank, asook die bank se Oshakati-tak het vrugte afgewerp.

As gevolg hiervan kon bloedverskaffingsdienste aan hospitale in die Noorde drasties verbeter en het skenkings gesonde groei getoon.

Die raadsvoorsitter van die Namibiese Bloedoortappingsdiens (NBTS), mnr. Osea Angula, het tydens die diens se jaarvergadering verlede week gesê in die afgelope boekjaar is 3 500 meer skenkers en altesaam 2 547 meer bloedpinte ontvang.

“Dit was ‘n goeie jaar vir die bloedbank,” het hy gesê.

Hy het egter bygevoeg hulle sal weer ‘n veldtog van stapel stuur om bloed vir die komende vakansieseisoen bymekaar te maak.

“Tussen 1 April verlede jaar en 31 Maart vanjaar kon ons ‘n gesonde bloedvoorraad handhaaf en selfs tydens die moeilike Kerstydperk, wanneer voorraad laag en onder druk verkeer, het ons geen ernstige bottelnekke met bloedverskaffing ervaar nie.

“Dit is net moontlik danksy vrygewige, gereelde en nuwe skenkers en daarom bedank ek elkeen wat gehelp het,” het hy gesê.

STATISTIEK

Angula het ook statistieke bekend gemaak.

Altesaam 37 775 pinte bloed is in die afgelope jaar ontvang – sowat 2 547 meer as in die vorige jaar. Sowat 3 500 méér skenkers as verlede jaar, of altesaam 26 252 mense, het bloed geskenk. Om dít te kon bereik, moes 16 000 SMS’e en 9 000 oproepe gemaak word.

Vroulike skenkers het 400 meer pinte as mans geskenk, en dit was ook die eerste keer dat vroue die meeste bloed geskenk het. Om verskeie mediese redes is 1 653 skenkers tydelik weggewys en 1 293 is permanent weggewys.

Angula het gesê baie streng vereistes bestaan vir skenkers en laerisiko-skenkers word geteiken.

“Die meeste mense skenk slegs een of twee keer per jaar bloed. As ons dit kan regkry dat mense vier of selfs ses keer ‘n jaar bloed skenk, sal ons nooit enige bloedtekorte hê nie,” het hy gesê.

“Ongelukkig skenk net sowat 1% van Namibiërs bloed. Maar om selfvoorsienend te wees, moet dit tussen 2% en 3% wees. Ons werk hard om hierby uit te kom omdat dit die las op bestaande skenkers kan verlig. Ons is dus bly om 3 500 meer skenkers vanjaar te kon verwelkom,” het Angula gesê.

OPKNAPWERK

Angula het verder gesê broodnodige opknapwerk is by die Windhoek-bloedbank gedoen, terwyl die Oshakati-tak ook opgeknap is en nou weer ‘n volwaardige bloedskenkafdeling het, wat sal help met die aanvulling van bloedvoorraad.

Laasgenoemde bied sedert Januarie vanjaar ‘n 24 uur-diens, wat bloeddienste aan hospitale in die Noordelike streke drasties verbeter het. Die hoofkantoor in Windhoek is ook uitgebrei om meer skenkers te kan huisves, en die laboratorium se vloeroppervlak is vergroot om die bykomende werkslading te kan hanteer.

“Toe die hoofkantoor in Augustus 2008 geopen is, het ons net sowat 18 000 skenkings ‘n jaar ontvang. Tien jaar later het die syfer verdubbel. Ons is baie jammer vir die ongerief wat die opknapwerk vir skenkers en werknemers veroorsaak het, maar as jy na die geweldige groei kyk, was dit nodig. Gelukkig is dit nou afgehandel,” het Angula gesê.

ONDERSTEUNING

“Die versameling, verwerking en verskaffing van genoeg bloed en bloedprodukte is nie ‘n maklike taak nie en kan net bewerkstellig word deur perfekte samewerking en koördinering van skenkers, verpleegsters, werwers, die laboratorium en die skakelafdeling. Ons kon dit regkry – dankie aan almal,” het hy gesê.

“Dit is belangrik dat ons ons gereelde en getroue skenkers behou. Ons moet hulle oortuig om meer as twee keer ‘n jaar bloed te skenk. Diegene wat net eenmalig bloed geskenk het of geleenthede oorslaan, moet gereelde skenkers word, en ons moet meer skenkers werf.

“Ek wil die publiek vra om die media, asook sosiale media dop te hou vir aankondigings deur die NamBTS oor wanneer en waar mobiele of spesiale klinieke op Saterdae sal wees. Dit is veral belangrik oor Kerstyd, wat ‘n ‘droogtetydperk’ vir ons is as gevolg van verskeie openbare vakansiedae en skenkers wat nie beskikbaar is nie, of teen die einde van die jaar bloot uitgeput is. Julle sal altyd die ruggraat van ons diens bly en word waardeer!”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026