Goeie genugtig! 'n Teragreep-geheuekaartjie?
William Horne - Jy kon nog nooit vantevore sowat 200 000 digitale foto's op só 'n klein toestelletjie berg nie.
SanDisk, die wêreld se voorste vervaardiger van digitale databergingstegnologie – onder meer geheuestokkies en -kaartjies – het pas sy nuwe teragreep- (1 000 gigagreep) mikro-SD-geheuekaartjie bekend gestel.
Die gewilde mikro-SD-toestel word onder meer in slimfone en digitale kameras gebruik om digitale inligting te berg. Die mikro-SD-geheuekaartjies in dié ultraklein formaat was egter nog nooit voorheen in staat om een teragreep se inligting te berg nie.
Die kaartjie van slegs 11 mm x 15 mm is reeds op SanDisk se webwerf en by talle aanlyn winkels beskikbaar teen US$449 (sowat R6 380), maar voorraad is beperk danksy grootskaalse belangstelling in dié baanbrekertegnologie.
Een teragreep stel 'n mens in staat om, byvoorbeeld, 200 hoëgehalteflieks of 200 000 foto's te berg en kan veral 'n slimfoon se geheue beduidend uitbrei.
The Verge berig dat SanDisk se nuwe geheuekaartjie ook spog met 'n lees- en skryfspoed van onderskeidelik 160 megagreep (MB) en 90 MB per sekonde, wat die toestel ideaal maak vir fotograwe en videograwe wat in ultrahoëresolusie soos 4K werk.
Al het SanDisk se nuwe toestel die vermoë om jou hele gesin se fotoalbums (en meer) te berg, sal die klein geheuekaartjie dalk nie dieselfde mate van geselligheid tot gevolg hê as Ouma dit sou gaan uithaal ná aandete nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie