'God seën Namibië'
President Hage Geingob het tydens 'n nasionale biddag sy dank teenoor God uitgespreek vir “die onbeskryflike geskenk, Namibië, 'n land van ongeëwenaarde skoonheid, 'n land van unieke kontras en diversiteit, 'n land wat ons huis noem”.
Geingob was die hoofspreker tydens 'n nasionale biddag wat Sondag by die Gateway-konferensiesentrum in Khomasdal gehou is.
Die biddag is deur die Raad van Kerke van Namibië gereël as nasionale dag van gebed vir danksegging ná die goeie reën.
Volgens Geingob het Namibiërs baie om voor dankbaar te wees en het die land groot vooruitgang die afgelope 27 jaar gemaak. Die staatshoof het Namibië met ander lande in die wêreld vergelyk en gesê waar haat, onrus en wanhoop in sommige lande heers, is Namibië geseën met vrede en stabiliteit.
Hy het erken daar is steeds baie Namibiërs wat arm is en kos, klere en huisvestiging nodig het. Hy het 'n beroep op hul landgenote gedoen om in die lig van Galasiërs 6:2 die laste van die armes te dra, omdat dit nie net 'n nasionale plig is nie, maar ook 'n “goddelike” plig.
“Ons vra daarom vir God om ons planne te seën om armoede in Namibië te verlig, mag Hy ons lei in Sy wysheid om verligting te bring sodat geen Namibiër ooit met 'n leë maag gaan slaap nie.”
Geingob het 'n beroep op Namibiërs gedoen om 'n onwrikbare geloof in die toekoms van die land te hê.
“Ons is vandag hier saam, sonder vrees of angs, maar deur die krag van gebed om ons versoeke as 'n nasie met God te deel,” het hy gesê.
Die staatshoof het God gevra om met wysheid en genade die pad na ekonomiese vooruitgang uit te wys.
“Mag Hy dié wat gekies is om te lei die insig en waagmoed gee om die ekonomiese landskap van Namibië ten goede vir alle inwoners te verander. Mag God die mense van Namibië met die gees van nasieskap verenig, mag Hy onder die broers en susters van Namibië die onbreekbare bande van vrede, vriendskap, saamwees en liefde smee sodat die land sterk sal staan - selfs in die middel van die grootste storm.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie