Gobabis hou koers
Helené Bam
“Dit is wonderlik om te sien hoe die kinders nuwe vaardighede aanleer en om waar te neem hoe hulle in hul menswees ontwikkel en begin blom,” sê me. Ella Rudolph, adjunk kommando leier van Gobabis se Voortrekker groep.
Die Voortrekkers is ’n kultuurgroep vir Afrikaanssprekende Christene en lê veral klem op die ontwikkeling en bemagtiging van die jeug. “Ons het op die stadium 50 jeug lede en 12 volwassenes wat as offisiere dien. Ons kom elke week bymekaar en dan het ons sommer groot pret,” sê Rudolph.
“Ons speel speletjies en het ook leersame aktiwiteite soos hoe om verskillende knope te knoop, vuur te maak en hoe om met ’n kompas rigting te hou. Ons gaan ook deur die jaar op kampe. Elke kamp het ’n tema waarvolgens die aktiwiteite beplan word. As die tema verantwoordelike burgerskap is, sal ons aktiwiteite daar rondom instel. Ons kry ook die brandweer en polisie om demonstrasies met die kinders te doen of praatjies te hou,” sê sy.
Volgens Rudolph word meeste aktiwiteite in spanverband gedoen met die fokus op persoonlike en leierskapsontwikkeling.
“So tussen al die leer is daar darem ook tyd vir speel. Die kinders neem deel aan nagmarse, bekruip die lantern, bou vlotte en speel blindemol. Die Voortrekkers is nie net vir jongmense nie. Volwassenes is ook welkom om as offisiere te dien en ’n pad van ontwikkeling saam met ’n groep kinders te begin stap,” sê Rudolph. Vir meer inligting oor die Voortrekkers op Gobabis skakel me. Ella Rudolph by 081 269 3515.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie