Gu2019n kultus, su00ea geloofsgroep
Gu2019n kultus, su00ea geloofsgroep

G’n kultus, sê geloofsgroep

‘n Voormalige moderator van die NG sinode sê hy dink nie die groep moet onderskat word nie.
Abrie Burger - Lede van die Suid-Koreaanse geloofsgroep Shincheonji het die afgelope week ontken dat hulle ’n kultus is wat studente van die Universiteit Stellenbosch (US) teiken en wil “so gou moontlik” gesprekke met dié instelling voer om te verduidelik wie hulle eintlik is.

Dit kom nadat die US studente verlede week in ’n brief gewaarsku het teen ’n “internasionale groep” wat “onder die voorwendsel van geloofsaffiliasie” op kampus doenig is. Luidens die brief het die US verskeie klagtes ontvang oor “ ’n geloofsgroepering of kultus” genaamd Shin­cheonji wat studente in die Wes-Kaap teister, intimideer en dwing om by hulle aan te sluit.

“Sodra jy ’n lid van die groep is, kan hulle jou probeer dwing om jou studie te staak, kommunikasie met jou ouers en vriende te verbreek, of ander versoeke rig wat op afpersing neerkom,” lui die brief. Dit gaan ook verder om te sê “hulle kan vurige en aggressiewe gesprekke gebruik om jou te probeer dwing om by hul groep aan te sluit”.

‘Belaglik’

Drie Kaapse lede van dié “geloof” het die afgelope week aan Rapport gesê die bewerings is “belaglik” en druis in teen studente se geloofsvryheid.

‘Niemand word geïndoktrineer nie.’

Die drie lede – ’n “ouderling”, ’n jeugleier en ’n persoon wat onlangs aangesluit het – sê die universiteit se uitlatings is “onwaar en heeltemal onaanvaarbaar”.

“Ons sal graag ’n gesprek met die universiteit wil hê. Ons het meer van ’n akademiese instelling verwag,” sê die 31-jarige jeugleier.

Hy is ’n oud-Matie en voormalige bemarker wat “uit eie wil” besluit het om sy tyd heeltyds aan die kerk te bestee.

Die “ouderling”, ’n 59-jarige man met sy eie sakeonderneming, sê hoewel hy aan die Shincheonji-kerk behoort, is “ek steeds ’n Christen en ek glo steeds in Jesus Christus.

“Ek gaan na die kerk en neem deel aan die aktiwiteite. Dit is vir my baie lekker en dít is hoekom ek dit doen,” verduidelik hy.

“Dit maak my verstand oop vir waaroor God eintlik gaan. Of ek nou die oggend 11 uur of die aand 11 uur die kerk verlaat, hang af van waarmee ek besig is. My tyd word nie dopgehou nie,” sê hy.

Ongeveer 2 000 volgelinge

Volgens dié lede het die geloofsgroep in 2012 in Suid-Afrika begin toe ses lede bymekaar gekom het. Voor dit het sommiges so ver terug as 2010 met behulp van Skype Bybelstudie gedoen.

Hulle sê die kerk het ongeveer 2 000 volgelinge in Suid-Afrika en sowat 400 in Kaapstad.

Rapport het versoek om met ’n leier van die kerk te praat, maar dié drie lede sê dit gaan weens die “vervolging” van hulle nie moontlik wees nie. Hulle verkies daarom om anoniem te bly.

Rapport het ook versoek om ’n kerkdiens by te woon, maar die drie lede sê mense wat die eredienste bywoon, word eers aangeraai om die Bybelstudie te doen, andersins kan dit “baie verwarrend” raak.

Man-Hee Lee, stigter en voorsitter van die Shincheonji-kerkgroep, het Suid-Afrika al twee keer besoek.

Dr. Braam Hanekom, voormalige moderator van die NG sinode van Wes- en Suid-Kaapland, het Lee destyds op die Neethlingshof-landgoed in Stellenbosch ontmoet. Hanekom het aan Rapport gesê dié ontmoeting was op versoek gereël en dat dit ’n “halfuur lange toespraak oor wêreldvrede” met die hulp van ’n tolk was. Hanekom is daarna deur verteenwoordigers van die kerk na Suid-Korea genooi.

‘Kultusfiguur’

Hanekom sê die leier van die kerk sien homself as ’n “tweede Johannes (na Johannes op Patmos) wat as ongeletterde die uitleg van Openbaring van God ontvang het.

“So skryf hy ’n verbluffende teologie neer wat draai rondom die vervulling van beloftes in die Ou en Nuwe Testament.”

Hanekom het die afgelope week sy verbasing uitgespreek dat “die klomp” steeds in Suid-Afrika bedrywig is. Hy sê hy dink nie die groep het vreeslik baie aanhangers in Suid-Afrika nie, maar hulle moet ook nie onderskat word nie.

“Ek dink nie die lede word gedwing om deel daarvan te wees nie. Hulle is bloot maar net betower,” sê hy.

“Dit is nie slegte mense nie. Daar is smart jongmense betrokke. ’n Mens moet versigtig wees om nie die arme kinders vir die wolwe te gooi nie.”

Hanekom beskryf Lee (86) as “’n absolute kultusfiguur”.

“Sy volgelinge glo dat hy onsterflik is. Ek wonder wat met die groep gaan gebeur as hy wel sag heengaan,” sê Hanekom. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026