‘Glyjakkals’ bly in aanhouding
‘Glyjakkals’ bly in aanhouding
15 February 2021 | Howe
Die vermeende glyjakkals, mnr. Corné van Tonder (45), het vanoggend vir die tweede keer in die Swakopmund-landdroshof verskyn.
Landdros Nelao Brown het sy saak tot 6 April vir verdere ondersoek uitgestel en Van Tonder bly in aanhouding.
Volgens staatsaanklaer Cleopatra Boois is die polisieondersoek in verband met die beskuldigde se bedrogklag nog nie afgehandel nie.
Die saak spruit voort uit die beskuldigde wat glo vir ’n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie sy rekening van N$151 430 vir akkommodasie, kos en drank betaal het nie.
Van Tonder wat saam met sy vrou, vier kinders en later sy skoonma by die gastehuis tuisgegaan het, is op 31 Desember op dié kusdorp in hegtenis geneem.
Foto: Mnr. Corné van Tonder (middel) het vanoggend weer in die Swakopmund-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Foto Iréne-Mari van der Walt

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
7 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
7 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
7 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
7 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
7 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
7 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
7 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
7 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
7 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies