Glimbande vir vee langs paaie

Hou tot 10 jaar

11 July 2019 | Omgewing
Elvira Hattingh - ‘n Entrepreneur glo hy het ‘n oplossing gevind vir vee wat op nasionale paaie rondloop en ongelukke veroorsaak.

Dit kan veral van waarde wees tydens droogtes wanneer die gras langs paaie al weiding is wat vir hulle oor is.

Mnr. Max Amesho maak weerkaatsende halsbande wat die sigbaarheid van grootvee, soos beeste, en pakdiere, soos donkies, drasties verbeter.

Die ARB-halsbande is snags op beeste getoets en die uitslae lyk belowend.

“Die probleem met beeste en donkies is dat hul oë, anders as dié van koedoes, nie snags in motorligte blink nie. Tydens die afgelope droogtes het die vee dikwels paaie toe gekom om gras op padreserwes te vreet.

“Soms is die gras langs paaie hoog en motorbestuurders kan die diere nie sien nie. Dit is veral ‘n probleem in die Noorde waar die beeste snags in die pad slaap.”

Amesho maak die halsbande met die hand uit leer, rus dit met weerkaatsers toe, asook bedekkings wat dit teen wind en weer beskerm.

“Die halsbande is sterk, dit kan vyf tot 10 jaar lank hou terwyl die bees dit dra.”

Hy sê dit hou boonop geen gevaar vir vee in nie.

Die glimbande kan volgens hom ook met GPS-toestelle of afweermiddels vir bosluise toegerus word sodat dit meerdoelig is.

Amesho is nog besig om met toepaslike maatskappye hieroor te onderhandel.

Hy sê hoe meer belangstelling daar in die glimbande is, hoe meer werklose mense sal hy kan aanstel om hom te help.

Amesho onderhandel tans ook met groot landbouhandelaars om die produk te verkoop.

Hy hoop om met die regering te kan saamwerk om die dra van die bande te verplig, sodat dié nasionale probleem bestry kan word.

“Die produk hou voordele vir beide die padgebruiker asook die boer in, wat minder diere sal verloor omdat hulle raakgesien word en nie meer doodgery word nie,” sê Amesho.

Vir meer inligting, kontak Amesho by 081 221 8400.

Soortgelyk

 

GIPF-sage verdiep

2 dae gelede | Howe

Denver Kisting – Die deur om mense weens die verdwene miljoene van die staat se pensioenfonds (GIPF) te vervolg, is opnuut oop.Me. Martha Imalwa, die...

Nee is nee

2 dae gelede | Ministeries

Tanja Bause - “Nee beteken nee. Daar is geen ander vertolking van die woord nie.” Dít was gister lt.genl. Sebastian Ndeitunga, Namibië se polisiehoof, se...

Leer ken ons mense!

2 dae gelede | Mense

Republikein gaan voortaan elke Vrydag oor iemand merkwaardig in die gemeenskap berig. Ons skop af met ouma Christina Karises (81), die stigter van Mother’s Voice...

Kalender 13 September

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Beat Street is terug vir nog ‘n weergawe van hul bekende Hip Hop-partytjies van die ou skool, wat altyd ‘n fees...

Weer, Vrydag 13 September 2019

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Suide. Elders sal dit warm tot baie warm wees, maar bloedig warm oor die sentraal-noordelike gebiede....

Ma eis ’n miljoen ná seun se dood

2 dae gelede | Howe

face="Verdana" >Henriette Lamprecht - ’n Vrou wie se agtienjarige seun deur ’n voormalige speurder in die polisie doodgeskiet is, eis ’n miljoen dollar van die...

Amerika skenk N$110 m. vir voedselhulp

2 dae gelede | Plaaslik

Die Amerikaanse regering het US$7,6 miljoen (sowat N$110 miljoen) geskenk wat geoormerk is vir voedselhulp aan Namibiërs wat die ergste onder die droogte deurloop. Tydens...

Not a job, but a calling

2 dae gelede |

Mariselle Stofberg Saving orphaned and injured animals might be a phase some children go through, but Sylvia Breitenstein’s passion for animals and their welfare has...

Musiek onder die sterre

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Liefhebbers van klassieke musiek kan vanaand na 'n musiekkonsert by Affies Park, Wanderers, uitsien. Tydens die geleentheid sal gewilde komposisies van die Kunstekollege (Cota) se...