Glansaand vir teater en film

11 October 2019 | Kuns en vermaak
Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) in samewerking met die Namibiese Filmkommissie (NFC) het onlangs die 5de Namibië Teater- en Filmtoekennings aangebied (NTFA).

Die glansgeleentheid met die tema “Creating Tomorrow Today” het ‘n groot aantal bekende, sowel as nuwe talent van die TV-, teater- en filmbedryf gelok. Die aand was gevul met uitstaande talent en merkwaardige vakmanskap.

Wenners uit 14 film- en 11 teaterkategorieë is tydens die glansaand bekend gemaak. Die grootste teaterwenner was Senga Brockerhoff wat vier pryse vir haar musiekblyspel, Every Woman, gewen het. Lloyd Winini het twee toekennings in die sak vir sy toneelstuk, The Nuthouse, gelaai.

Die jongste wenner was die tienjarige Camilla Jo-Ann Daries wat as die beste vroulike akteur in die rolprent Baxu and the Giants aangewys is. Daries is vir haar uitmuntende prestasie as jong aktrise erken.

Vanjaar is ‘n nuwe kategorie, naamlik studentefilm, bekend gestel en Tapiwa Makaza het die prys vir sy NDF Survial Kit gewen.

Drie Lifetime Achievement-toekennings is tydens die seremonie uitgedeel: !Nxau #Toma van die befaamde The God's Must Be Crazy, Banana Shekupe en Hans “Struppie” Reinhardt.

‘n Spesiale toekenning is aan Brian Ford vir sy bydraes tot die bedryf gegee.

Olthaver & List en B2Gold Namibia is vir hul onwrikbare ondersteuning van die skeppende kunste erken, wat ook ‘n nuwe afdeling van die toekenningseremonie is.

Die eregas, me. Leleti Khumalo, het die gaste met haar charismatiese en inspirerende persoonlikheid vermaak. Een van die hoogtepunte was haar toespraak wat oor die bedryf en die toekoms daarvan gehandel het.

Nog ‘n hoogtepunt was toe gaste na uittreksels, klankbane en kort teaterstukke van die deelnemers kon kyk en luister.

Die NTFA het dank uitgespreek teenooor sy vennote, die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) en DB Audio, asook die vrygewige borge waarsonder die suksesvolle aanbieding van die toekennings nie moontlik sou gewees het nie.

Al die genomineerdes en wenners van die 2019 Namibiese Teater- en Filmtoekennings is bedank as die ware helde van die bedryf.

Teater- en filmentoesiaste is aangemoedig om voortdurende outentieke Namibiese verhale te skep en vertel.

Die uitslae is deur SGA Chartered Accountants and Auditors nagegaan. - Eie berig/Nampa

KASSIE

Teatertoekennings

Oorspronklike teks: The Nuthouse – Lloyd Winini

Stel en kostuums: A Raisin the Sun – Sepiso Mwange

Musiekblyspel: Every Woman – Senga Brockerhoff

Nuwe regisseur: Lloyd Winini – The Nuthouse

Nuweling-akteur: Mikiros Garoes – Black Coffee, White Porridge

Nuweling-byspeler: Jennifer Timbo – Every Woman

Aktrise: Hazel Hinda – A Raisin in the Sun

Akteur: Ndinomholo Ndilula – Tales of Roses in Concrete

Beste verwerkte toneelstuk: Fences – Nelago Shilongoh

Regisseur: Senga Brockerhoff – Every Woman

Toneelstuk/Produksie: Every Woman – Senga Brockenhoff

Spesiale erkenning: Brian Ford

Lifetime Achievement 1: Hans “Struppie” Reinhardt

Lifetime Achievement 2: Banana Shekupe

Korporatiewe borg: Olthaver & List Group

Filmtoekkenings

Teks: The White Line – Micheal Pulse

Produksie-ontwerp: Baxu & the Giants – Tanya Stroh

kinematografie: Invisibles - Bernd Curschmann

Redigering: Robert Scott – Baxu & the Giants

Klank en musiek: Another Sunny Day – David Benade, Christof van Niekerk, Shishani

Beste musiekvideo regisseur: Andrew Robson – Martyr – Vaughn Ahrens

Nuweling regisseur: Desiree Kahikopo – The White Line

Studentefilm: NDF Survival Kit – Tapiwa Makaza

Dokumentêr: Another Sunny Day – Tim Huebschle and Haiko Boldt

Gehoorkeuse: The White Line

Aktrise: Camilla Jo-Ann Daries – Baxu & the Giants

Akteur: David Ndjavera – Hairareb

Regisseur: Oshoveli Shipoh – Hairareb

Verhalende fliek: Hairareb

Lifetime Achievement (Posthuum): !Nxau #Toma

Korporatiewe ondersteuning: B2Gold Namibia

Soortgelyk

 

COVID-19 in Namibia: Data round up 25 - 28...

37 minute gelede | Gesondheid

Current situation with official data by Thursday 28 May 2020 (showing changes since 24 May 2020) and prelimenary data announced this morning for yesterday.GENERAL INFORMATIONThe...

Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

3 ure gelede | Gesondheid

Namibië se 22ste bevestigde Covid-19-geval, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds aan 'n ventilator gekoppel. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste...

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 dag gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...