Giro-ongeluk eis nóg 'n lewe
Giro-ongeluk eis nóg 'n lewe
18 December 2020 | Ongelukke
Francoise Steynberg - Die giro-ongeluk wat gistermiddag oos van Windhoek op die lughawepad plaasgevind het, het nóg 'n lewe geëis.
Mnr. Pierre Blaauw wat gister in 'n kritieke toestand met erge brandwonde in die Lady Pohamba private hospitaal opgeneem is, het vanoggend omstreeks 06:00 gesterf.
Volgens mnr. Magnus Abraham, die hoof van die direktoraat van vliegtuigondersoeke in die ministerie van werke en vervoer, is die ander slagoffer nog nie positief geïdentifseer nie.
"Die nadoodse ondersoek moet eers voltooi word," het Abraham vanoggend aan Republikein gesê.
Die ongeluk het gistermiddag omstreeks 14:12 sowat 10 km van Windhoek op die pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako plaasgevind.
Volgens Abraham het die girokopter kragdrade getref en in die pad neergestort.
Blaauw is na die hospitaal gehaas waar hy aan lewensondersteunende masjiene gekoppel was.
Foto Tanja Bause

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
49 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies