GIPF wil AG-besluit oor miljoene ‘beter verstaan’
Die regering se pensioenfonds (GIPF) het vanmiddag gesê hulle gaan met die kantoor van die aanklaer-generaal in verbinding tree om me. Martha Imalwa se besluit oor die verdwene miljoene van die omstrede ontwikkelingskapitaalportefeulje (DCP) “beter te verstaan”.
Imalwa het Woensdag gesê uit 20 DCP-dossiere wat op haar lessenaar beland het, geen vervolging in 18 gevalle gaan plaasvind nie. ‘n Man gaan wel in Oktober voor die hof gedaag word en die ander dossier word nog bestudeer.
Die GIPF het die jongste geouditeerde syfers van die DCP vrygestel. Dié portefeulje se totale beleggingsverlies teen Maart vanjaar was bykans N$386,6 miljoen. Die GIPF het meer as N$661,2 miljoen se kapitaal in lenings en aandele in die DCP – wat sedert 2005 nie meer bestaan nie – belê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie