Gimnasium en WHS – dis rooi teen blou

Min sportgeleenthede kan met 'n interhoër vergelyk word.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Geesdriftige ondersteuning soos min is die voorland vir die spanne en individuele verteenwoordigers van twee spogskole wat die naweek in 'n volwaardige interhoër slaags raak.

Windhoek Gimnasium het vanjaar as aanbieder die tuisvoordeel teen Windhoek Hoërskool, met die verwagting dat hul kragmetings in ver­skeie kodes baie gelykop en mededingend kan verloop.

Gimmies en WHS takel mekaar van môre af in altesame tien sportkodes, waarvan die drie groot spansporte in die winterseisoen (rugby, netbal en hokkie) die hoofdis vir Saterdag is.

Die ongeskrewe reël van menige interhoër is tradisioneel dat die eerste rugbyspanne se botsing die “wen­skool” bepaal. Verlede jaar het WHS op sy tuisveld die knoop met 30-23 deurgehaak, maar 2018 is uiteraard 'n nuwe geleentheid vir beide spanne.

Die o.19A-rugbywedstryd sal vriend­skaplik wees en vorm nie deel van die Momentum premierliga wat laas naweek sy openingsronde gehad het nie. WHS het laas Saterdag tweede viool gespeel in sy moeilike wegwed­stryd teen Tsumeb Gimnasium, terwyl die Windhoek Gim Leeus die verdediging van hul titel met 'n wegholsege teen Elnatan afgeskop het.

Ietwat opspraakwekkend was dat WHS se Koedoebulle laas naweek twee van sy mees ervare en invloedryke agterspelers om dissiplinêre redes nie oorweeg het nie.

Beide moes verhoudings herstel om weer in die goeie boekies te kom en komende Saterdag sal los­skakel Delron Brandt vir oulaas vir die tweede span speel, terwyl die senter Elmarco Beukes as 'n plaasvervanger vir die eerste span begin.



ATMOSFEER

Mnr. Fanie van Zyl, rektor van die gasheerskool, sê: “Dit is vir Windhoek Gimnasium 'n besondere voorreg om weer vanjaar deel van die jaarlikse Interskolebyeenkoms teen WHS te wees. Daar is 'n duidelik aanvoelbare afwagting by ons almal dat hierdie geleentheid iets besonders gaan wees.

“Die dag lewer altyd oomblikke op van uiterste inspanning, maksimum gebruik van vaardighede en talent.Saam met die harde kompetisie was dit verlede jaar opmerklik hoedat die leerlinge van beide skole, nadat hulle mekaar hard aangevat het, tog in goeie sportmangees mekaar gelukwens en oor-en-weer selfs drukkies uitgedeel het.

“Met hierdie geleentheid word 'n nuwe tradisie tussen die skole ontwikkel wat in die komende jare in stand gehou moet word. Uiteindelik is dit nie die wen waaroor alles gaan nie, maar eerder die vermoë om met elke greintjie energie vir 'n bepaalde skool mee te ding.

“Dit op sigself bevorder trots, 'n eiesoortigheid en 'n eie identiteit.

“Ons sê byvoorbaat dankie aan almal wat so hard werk om hierdie dag 'n sukses te maak. Ons nooi al ons ouers van beide skole hartlik uit om die geleentheid saam met ons te geniet.

“My wens is dat dit in dieselfde goeie gees as verlede jaar sal plaasvind en dat ons altyd trots sal wees op hierdie kosbare tradisie.”

Die skoolhoof van Windhoek Hoër­skool, mnr. Hawie Engels, se bood­skap was ewe vol van positiewe verwagtinge.

“Ons het laas jaar 'n baie lekker geleentheid gehad en ek dink daar was tog só 'n behoefte wat al lank aangekom het. Mense wil graag krag teen krag sien en daar is nie twyfel nie dat Gimnasium in verskeie kodes in 'n ware krag ontwikkel het.

“As jy kyk na die tradisie van interhoërs in Suid-Afrika en die atmosfeer wat by die geleentheid geskep word met duisende of tienduisende toeskouers – ek dink 'n mens wil 'n soortgelyke geleentheid hier skep.

“Ons kom met die gedagte om brûe en bande te bou, en dat kinders op dieselfde vlak kan kompeteer. Ek dink dis 'n lekker dag vir die hele gemeen­skap. Selfs neutrale kykers sal vind dat die netbal, hokkie en rugby van beide skole tans op 'n baie goeie vlak is.”

Die interhoër se program:



VRYDAG

14:00 Sokker o.17's by United B-veld

15:30 Sokker o.19's by United B-veld

14:00 Tafeltennis by Windhoek Gimnasium Rekke-gim

14:00 Tennis by SKW-baan

14:00 Krieket eerste spanne by United krieketveld

14:00 Muurbal by Wanderers-klub se bane

14:00-17:00 Skaak in klaskamer A7

Redenaars (voorbereid) vir juniors en seniors, 13:45 tot 15:00 in klaskamer A5 en A11

Redenaars (onvoorbereid), 13:45 tot 16:10 in klaskamers A5, A9 en A10.

Debat, 13:45 tot 17:00 in klaskamer A5



SATERDAG 2 Junie



RUGBY

09:00 o.14B-spanne (ligawedstryd)

10:00 o.15B-spanne (ligawedstryd)

11:00 o.14A-spanne (ligawedstryd)

12:00 o.15A-spanne (ligawedstryd)

13:00 o.19D-spanne (vriendskaplik)

14:00 o.19C-spanne (ligawedstryd)

15:15 o.19B-spanne (vriendskaplik)

20:00 o.19A-spanne (vriendskaplik)



HOKKIE (alles vriendskaplik)

09:00 meisies derde spanne

10:30 seuns derde spanne

12:00 meisies tweede liga

14:00 seuns tweede liga

16:00 meisies eerste liga

18:30 seuns eerste liga



NETBAL

09:30 o.17B-spanne

10:30 o.17A-spanne

11:30 o.15C-spanne

12:15 o.15B-spanne

12:55 o.15A-spanne

16:00 o.19B-spanne

17:10 o.19A-spanne

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.99 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.6 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.90/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 894.50/T DOWN -2.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 974.40/OZ DOWN -0.0043 #N/A