Gimmies pak WHS agter geslote deure

16 October 2020 | Sport
Andrew Poolman

Ongemagtigde toeskouers sal vanweë Covid-19-regulasies weggewys word by kragmetings vir die ganse interhoër tussen Windhoek Gimnasium en Windhoek Hoërskool, wat vir alle praktiese doeleindes agter geslote deure beslis word.

“Neem asseblief kennis dat alle sportspanne vanweë Covid-maatreëls net ’n uiters beperkte getal toeskouers Saterdag sal mag toelaat. Die name van gemagtigde toeskouers wat by die hek deurgelaat mag word, sal op ’n lys deur die afrigter van elke span verskaf word en slegs diegene sal toegangskaartjies mag koop,” het Gimnasium as gasheer aangekondig.

Daar word egter beloof alle wedstryde se regstreekse videostroom sal gevolg kan word deur die toep Pixellot Viewer af te laai en “Shoott Namibia” te kies waar die klub verlang word.

Afgelope Dinsdag het die twee skole se o.19 eerste seunshokkiespanne mekaar by die WHS-baan getakel. Die WHS-afrigter, mnr. Johann Weyhe, voorspel: “Die hokkieseuns sal een van dié hoogtepunte van die interhoër lewer.

“Gimnasium het Dinsdag met tye beter as ons gespeel, hoewel ons uiteindelik met 5-2 gewen het. WHS het meer spelers met ondervinding op ’n hoër vlak, maar Gimnasium se jeugdige talent het deurgeskyn. Saterdag sal die manne van die seuns geskei word. Dit behoort puik hokkie en net ’n klein doelverskil te lewer, maar enige span wat slaplê, kan ook verwag om hard gestraf te word.”

Die interhoër se eerste amptelike kragmetings het Woensdag ’n aanvang geneem, met die triathlon-atlete, muurbalspelers en basketbalspanne wat reeds sake uitgespook het om punte vir hul skool in te samel.

Gister se kompetisie tussen die skole sou op die gebied van Afrikaanse Vasvra-kompetisie, debat, koorsang, openbare toesprake, skaak, tafeltennis en sokker (o.17-seuns) voortwoed, voor die hoogtepunt van die dag met die T20-krieketwedstryde tussen die o.19 eerste spanne (14:00) en die oudskolierspanne later die aand.

Die oorblywende programskedule (venues by Windhoek Gimnasium, tensy anders vermeld):

VANDAG

Tennis by SKW-bane, 14:00–17:00.

Netbal: O.14B-spanne 14:00–14:35; O.19B-spanne 14:45–15.45; Golden Oldies 17:30–18:15; Youngsters 18:15–19:00.

Hokkie: Oudskoliere Meisies18:00–19:00; Oudskoliere Seuns 19:00–20:00.

Rugby: Oudskoliere 19:00–20:00.

MôRE

Netbal: O.14A-spanne 09:00–10:00; O.15A-spanne 10:00–11:00; O.17A-spanne 11:00–12:00; O.19 eerste spanne 12:00– 13: 15.

Hokkie: Derde meisiespanne 08:00–09:45; Derde seunspanne 09:45– 10:15; Tweede meisiespanne 10:15–11:45; Tweede seunspanne 13:15–14:20; O.19 eerste meisiespanne, 14:30–15:45; O.19 eerste seunspanne 16:00–17:15.

Sokker: Eerste spanne 15:00–16:00.

Rugby: O.15B-spanne 08:00–09:00; Derde spanne 09:00–10:00; O.14A-spanne 10:00–11:00; Tweede spanne 13:00–14:00; O.15A-spanne 14:00–15:00. Dirigente arriveer 18:00; Eerste spanne voorstellingseremonie 18:15; Skoolliedere en nasionale volkslied 18:20; Rugby o.19 eerste spanne afskop 18:30.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...