Gimmies oorkom vroeë weerstand van Elnatan
Die twee voorlopers raak komende naweek slaags.
Andrew Poolman - Windhoek Gimnasium se eerste rugbyspan, geborg deur die Schoemans-groep, het Dinsdag sy onoorwonne opmars tot dusver in die Momentum onder 19 premierliga voortgesit.
Die Gimmies het na Stampriet gereis en met 'n oorwinning van 67-21 teen Pupkewitz Haval Elnatan teruggekeer.
Die vleuel Mell Theunissen se twee drieë het sy totaal in drie ligawedstryde sover tot ses opgestoot.
Die stutte Ethan Thiart en Herschell van Wyk, slot en kaptein Michael Thuynsma, vleuel Lyle Beukes, losskakel Cornez Liebenberg (2), heelagter Aiden Louw (2) en plaasvervangervleuel JP Steyn was die ander driedrukkers.
Sewe van losskakel Liebenberg se doelskoppe het sekuur deur die pale geseil.
Die besoekende Leeus se afrigter, Jaco Engels, sê die eerste 15 minute was nie so maklik nie, met Elnatan wat die meeste balbesit gehad en dit doeltreffend behou het.
“Vir 'n tyd lank kon ons nie ons hande op die bal kry nie, maar toe dit eers begin gebeur en ons van ons baldraers en gevaarlike agterspelers op hulle kon afstuur, het die gapings begin verskyn.
“Dit is altyd moeilik op Stampriet en ons het vooraf geweet dit sal uithaal kos. Ons het goed by die wedstrydplan gehou en nie uitgerafel vir die individue om suinig te begin speel nie.
“Rolskoppies na die spasie agter hulle het vir ons vrugte afgewerp.”
Engels het ook die kans aangegryp om sy reserwebank speelkans te gee – hoewel Elnatan toe twee drieë gedruk het en sy kombinasie gedwing het om te hergroepeer en sake weer onder beheer te kry.
“Elnatan het 'n klomp jong spelers, maar ons weet as jy aanhou glo in die spelers ondanks die moeilike tye in die premierliga, dan sal jy die vrugte pluk. Vat maar elke wedstryd op sy eie.
“Komende naweek ry ons Tsumeb toe vir 'n wedstryd wat twee onoorwonne spanne met makro-agttalle teen mekaar sal bring. Ons tweede span ry ook Grootfontein toe om teen Agri Kollege te speel. Ons sien baie uit na die busrit; dis amper soos om te toer. ”
Elnatan se afrigter, mnr. Wessel Pienaar, sê: “Dit was maar 'n taai een, maar ek is trots op ons seuns wat regtig baie goeie karakter gewys het om tot die einde voluit aan te hou speel. Windhoek Gimnasium het briljante rugby gespeel, maar ons outjies het hulle goed teëgesit en het twee drieë in die tweede helfte gaan druk.
“Albei spanne het positiewe, aanskoulike spel gelewer en dit was aangenaam om te sien.”
Elnatan het nou 'n afnaweek en is weer op 22 Junie in aksie by die skool se groot sportdag vir die jaar, wanneer die botsing teen OK Foods Moria se eerste span die hoofwedstryd vir die dag op Stampriet sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie