Gholfdag moet toere help betaal

29 April 2016 | Sport
Die Namibiese nasionale baarshengelspan is aan die voorberei vir sy deelname aan die jaarlikse Streek 5-kampioenskap – die sport se mees gesogte titel in Suider-Afrika.
Die beste hengelaars van Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Mosambiek, Swaziland en Namibië sal sake oor vyf dae uitspook om hul vernuf langs die hengelwaters te beproef. Suid-Afrika is hierdie keer die gasheerspan vir die kompetisie by die ­natuurskone Nandonidam in die Limpopo-provinsie.
Die Namibiese hengelaars werk reeds vir maande hard en is vol vertroue dat hulle hierdie keer met silwerware huiswaarts kan keer.
Vir die eerste keer in die geskiedenis sal die nasionale oefengroep ’n oefenlopie op die einste Nandonidam kan gaan hou om hulself van die plaaslike omstandighede vertroud te maak – voordat die sperperiode van 21 dae in werking tree.
Die Namibiese span van 2016 (met vorige internasionale verskynings tussen hakies):
Alec Williams (spankaptein, 5), Thinus Williams (4), Max Pieper (6), Sonita Pienaar (2), Jacques Marais (7), Jason Koudelka (1, reserwe in 2015), Neil Engelbrecht (6), Anton de Wit (2), Neels van Tonder (5), Johan Coetzee (0), JP Judeel (2), Richard Grant (5), André van Vuuren (spanbestuurder).
Die oefengroep verlaat Windhoek vandag en keer op 7 Mei terug. Die nasionale span vir die Streek 5-toernooi vertrek op 10 Junie en keer op die 19de terug.
Uit die aard van die saak is groot geldelike koste aan hierdie deelname verbonde. Die Namibiërs sal sewe bote vir sowat 4 000 kilometer moet sleep – twee afsonderlike kere.
Die Namibiese Baarshengelvereniging (NBAA) bied dus op 13 Mei sy jaarlikse gholfdag by die Windhoek Buiteklub se baan aan. Dié toernooi is altyd groot pret en die prysuitdeling en veiling van items is altyd ’n hoogtepunt.
Die volle opbrengs van die gholfdag word vir die reiskoste van die nasionale span gebruik. Enige maatskappy wat spanne vir die gholfdag wil inskryf of andersins betrokke wil wees, kan Alec Williams per e-pos by [email protected] bereik.

Soortgelyk

 

James sê in e-posse oor geldspoor

10 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die Teenkorrupsiekommisie (ACC) het e-posse op een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. James Hatuikulipi, se selfoon gevind waarin hy versoek afleweringspapiere moet gegenereer...

Wetenskap agter dié kleurryke gloed

10 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Van Windhoek tot Rehoboth en Gochas is Namibiërs die afgelope paar dae met die kleurspel van rooi, oranje, geel en selfs ligte...

Toerisme: 5 000 werksgeleenthede verlore

10 ure gelede | Toerisme

Ellanie Smit – Byna 5 000 werksgeleenthede is reeds weens die impak van die Covid-19-pandemie in die reis-, toerisme-, gasvryheid- en spysenieringsbedryf verlore. “Dit kan...

Chani se Sijwa-rok is mode met ’n doel

10 ure gelede | Byvoegsels

Namibië se eie Mej. Supranasionaal, Chanique (Chani) Rabe se junior naaldwerkskool en African Monarch Lodges het hande gevat om die Sijwa-rok bekend te stel. ...

‘Magiese’ musiek onder die sterre

10 ure gelede | Byvoegsels

Die Goethe-Institut se Night Under the Stars (Nuts)-konserte skop binnekort weer af – met die plaaslike kunstenaar Ama wat volgende Vrydag (4 Februarie) op die...

Weer vir 28 Februrie 2022

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hoë-energie tropiese vog mag tot beduidende neerslae in die Zambezi en twee Kavangostreke lei en oor die naweek na Ohangwena uitbrei.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en...

Passionately mitigating risks in the workplace

10 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage With the vision to be a leading and model pension fund, the GIPF has made it a priority to manage and mitigate...

Ses vas wat hul as polisie voordoen

10 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Namibiese polisie (Nampol) het ses mans vasgetrek vir die kaping van ’n voertuig Sondag op Windhoek se westelike verbypad. Die mans...

Iyaloo Magongo, an aura of fresh and creative ideas

10 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga Magongo began her journey as an intern at the Financial Literacy Initiative and later continued at Dololo DoBox as a marketing intern....