Gewysigde proklamasie maak heropening van private skole onmoontlik

06 September 2020 | Onderwys
Private skole in die land wat môreoggend (Maandag 7 September) landswyd vir alle grade sou heropen op grond van 'n skuiwergat in proklamasie 48 van die noodtoestand, kan hulle nie meer op dié regulasie beroep nie.
Die regering het pas proklamasie 49 uitgereik wat nou bepaal die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, se aankondiging Donderdag oor die gedeeltelike infasering van aangesig-tot-aangesig onderrig in skole, is op alle skole van toepassing.
Net grade 10 tot 12 in alle streke mag met aangesig-tot-aangesig onderrig voortgaan. In al die streke uitgesluit die Khomasstreek, kan graad 7's, 8's en 9's ook môreoggend terugkeer skool toe.
Die res van die grade word volgende Maandag en die Maandag daarop infaseer: Leerlinge in grade 4, 5 en 6 in alle streke (ingesluit Khomas) keer op 14 September terug skool toe. Op dieselfde dag kan Khomas se graad 7's, 8's en 9's ook terugkeer skool toe.
Die land se pre-primêre grade (graad 3 en jonger) kan op 21 September landswyd terugkeer skool toe.

Soortgelyk
Robberts bly in aanhouding
11 ure gelede | Howe
Inentings: Namibiërs wag en kyk
11 ure gelede | Gesondheid
Living a purposeful life
11 ure gelede | Mense
Weer vir 30 Maart 2021
11 ure gelede | Weer
Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes
11 ure gelede | Misdaad
Running for those who can’t
11 ure gelede | Skole
Windhoek kry eie ekonomiese plan
11 ure gelede | Regering
Ending the double shift system at schools
11 ure gelede | Onderwys
Mej. Namibië: Hier is die top-16
11 ure gelede | Gebeure
Kleinadvertensies