Gewraakte arbeidsriglyne vandag bespreek
Gewraakte arbeidsriglyne vandag bespreek

Gewraakte arbeidsriglyne vandag bespreek

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Verteenwoordigers van werkgewersorganisasies het vanoggend ‘n virtuele vergadering met die uitvoerende direkteur van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, en vakbondleiers oor die voorgestelde nuwe arbeidsriglyne wat hulle as “drakonies” beskou.

Die voorgestelde riglyne het onder skerp kritiek van die Namibië Werkgewersferderasie (NEF) en die Namibië Werkgewersassosiasie (NEA) deurgeloop.

Volgens hierdie riglyne, wat nog in die Staatskoerant gepubliseer moet word, is dit onwettig om werkers binne 28 dae ná die staat van inperking op 4 Mei verstryk, af te dank of af te lê. Werkgewers wat werkers reeds ingevolge die bepalings van die Arbeidswet ontslaan of afgelê het, is opdrag gegee om hulle weer in diens te neem en met hulle daaroor te onderhandel. Die vermindering van salarisse en werksure mag ook net met toestemming van die werkernemers of vakbonde geskied.

Die NEA sê in ‘n verklaring deur sy president, mnr. Henry Bruwer, dié werkgewersorganisasie het nie deel gehad aan besprekings vir die voorbereiding van die riglyne nie. “Ons is van mening dat ons regte ingevolge artikel 59(2)(a) van die Wet op Arbeid, Wet 11 van 2007, ernstig benadeel is omdat ons nie ons lede se besware betekenisvol met die ministerie kon bespreek nie.”

Hy veroordeel die ministerie se “drakoniese benadering” wat gegewe die omstandighede in die land nie net werkgewers nie, maar ook werknemers negatief sal beïnvloed.

“Die NEA doen namens en sy lede en die groter besigheidsgemeenskap ‘n beroep op die ministerie om die promulgering van die riglyne eers te staak en deur middel van die Arbeidsadviesraad na die onderhandelingstafel terug te keer,” het Bruwer in sy verklaring versoek.

Hy het gister aan Republikein gesê die ministerie het tot sodanig samesprekings ingestem. “Ons is uitgenooi na ‘n Zoom-konferensie wat om negeuur Maandag plaasvind. Dit is vir ons belangrik om die kwessie deur middel van gesprekvoering op te los.” Dít, eerder as regsoptrede, is die NEA se beleid, sê Bruwer.

Intussen het mnr. Eben de Klerk van ISG Risk Services in ‘n regsmening gesê die voorgenome arbeidsriglyne is ultra virus, of buite die magte van arbeidsminister Utoni Nujoma, aangesien regulasie 14(1) van die Noodtoestandsregulasies, Proklamasie 9 van 28 Maart 2020, ‘n minister net toelaat om riglyne uit te vaardig wat dié regulasies aanvul of versterk.

Die Noodtoestandregulasies bevat geen voorskrif vir die behoud van werknemers nie, sê hy.

Volgens hom is die voorgestelde riglyne ook buite die magte van die minister sover dit die Wet op Arbeid betref.

“Die minister het geen bevoegdheid om hierdie nuwe wetgewing op te stel nie en die beoogde arbeidsvoorskrifte is derhalwe nietig en onafdwingbaar. Die regering staar as gevolg hiervan wesenlike wetlike en finansiële risiko's in die gesig,,” meen De Klerk. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042