'Gewelddadige' polisielede uit mag geskors

116 sake teen beamptes aanhangig

15 September 2020 | Polisie
Kristien Kruger – Beeldmateriaal van die Namibiese polisie wat lede van die publiek glo martel, is die afgelope maande op sosialemediaplatforms versprei.

In reaksie hierop maak die publiek aantygings dat die inspekteur-generaal, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, toekyk hoe polisiebeamptes mense onwettig aanrand en niks daaromtrent doen nie.

Ndeitunga het Donderdag 'n nuuskonferensie by die nasionale polisiekantoor saamgeroep om dié beskuldigings te weerlê.

Hoewel die Namibiese polisie nie die gevalle van polisiegeweld kan ontken of bevestig nie, verseker Ndeitunga die publiek die sake word nie daar gelaat nie.

“Alle sake wat teen polisiebeamptes aangemeld word, word deeglik ondersoek en eers nadat die ­ondersoek voltooi is, kan die waarheid bepaal word.

“As die ondersoek voltooi is, word die dossier na die kantoor van die aanklaer-generaal gestuur. Die AG besluit of die polisiebeampte vervolg sal word al dan nie,” het Ndeitunga gesê.

As dit besluit word dat die beampte nie vervolg word nie, is daar glo ook 'n interne dissiplinêre proses in plek.



Statistiek

Volgens Ndeitunga is daar tussen 2019 en 2020 altesame 116 aanrandingsake teen ­polisiebeamptes aangemeld.

Op grond hiervan is 56 beamptes afgedank en 41 geskors.

Tussen 2018 tot 2019 is 642 gevalle aangemeld, waarvan 86 lede afgedank en ses geskors is.

Tussen 2017 en 2018 is 804 gevalle aangemeld. Altesaam 672 van dié sake is afgehandel en 79 beamp­tes afgedank.

“Dit is egter belangrik om te verstaan hierdie gevalle sluit alle sake in en is nie net sake wat die publiek aanhangig gemaak het nie.

“Dit sluit onder meer ook gevalle in wat polisiebeamptes teen ander beamptes aangemeld het en fokus nie net op polisiegeweld teen die publiek nie,” het die polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê.

beamptes nie immuun teen gevolge

“Die polisiemag bestaan uit ongeveer 16 000 lede en soos in enige gemeen­skap is daar lede wat reëls en wette oortree.

“Dit beteken egter nie dat polisiebeamptes immuun teen vervolging is nie.

“Hulle moet net soos ander gestraf word as hulle die wet oortree of hul mag misbruik,” het Ndeitunga gesê.

Die polisiehoof het die publiek verseker dat polisiebeamptes nie aangemoedig word om lede van die publiek met geweld te hanteer nie.

“Dit is egter ook belangrik vir die publiek om te verstaan dat dit die polisie se plig is om die wet toe te pas en nie kan toegee aan dreigemente en beledigings van dronk, bedwelmde of roekelose lede van die publiek nie.

“Wetteloosheid, onregmatigheid en ondermyning van gesag sal met die gepaste mag en gesag, soos die wet dit toelaat, hanteer word,” het Ndeitunga gesê.

[email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...