Gevalle van huishoudelike geweld styg in //Kharas
‘n Hoofspeurinspekteur in die polisie se eenheid vir geslagsgebaseerde geweld (GBV) op Keetmanshoop sê 229 gevalle is van Januarie 2017 tot September dieselfde jaar in die //Kharasstreek aangemeld. Volgens Jochobetha Angukku is 249 gevalle vanaf Januarie tot September vanjaar in die streek aangemeld. Angukku sê voorts 116 sake is verlede jaar teruggetrek teenoor net 54 vir vanjaar. Verlede jaar is 40 gevalle van verkragting in die streek aangemeld teenoor die 42 in 2018. In beide 2017 en 2018 is twee gevalle elk van verkragting op die ou einde teruggetrek.
Angukku het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om gevalle van verkragting binne 72 uur aan te meld. - Nampa
Angukku het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om gevalle van verkragting binne 72 uur aan te meld. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie