Gevalle in Windhoek neem toe
Henriette Lamprecht
Die Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om toe te neem met 15 uit die 64 nuwe gevalle wat gister deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, aangekondig is, wat in die hoofstad aangeteken is.
Die 15 gevalle is onder meer in Goreangab, Okuryangava, Golgota, Katutura, Soweto, Suiderhof, Wanaheda, Kleine Kuppe en Eros aangeteken. Twee van die gevalle is onderwysers by dieselfde skool.
Die ouderdomme vir die 15 gevalle in Windhoek wissel van 22 tot 54 jaar en sluit nege vroue en ses mans in.
Ses van die gevalle is kontakte van bevestigde gevalle. Die res (nege) wat nie kontakte is nie, toon Covid-19-verwante simptome.
Uit die 64 nuwe gevalle is 44 op Walvisbaai, vyf op Swakopmund en die res in Windhoek. Uit die 64 gevalle is 34 mans en 30 vroue en die ouderdomme wissel van ses tot 64 jaar.
Shangula sê nog 24 mense het ten volle herstel, wat dié totaal nou op 211 te staan bring. Uit die 24 gevalle wat herstel het, is 11 in Windhoek, sewe op Walvisbaai, vier op Engela en twee op Okakarara.
Namibië het tans 2 247 aktiewe gevalle; die aantal sterftes is steeds 12; 29 233 weefselmonsters is tot op hede getoets en 1 688 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie