Geval nr. 22 se toestand kritiek
Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal op die hawedorp vir Covid-19 behandel word nie.
Hy is die 22ste persoon wat sedert 14 Maart in Namibië positief vir die virus getoets het. Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het die aankondiging gisteroggend gemaak.
Die man is Vrydag 22 Mei in ’n algemene saal van ’n private hospitaal opgeneem, vanwaar hy Sondag na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas is toe sy toestand versleg het. Hy het ’n onderliggende mediese toestand.
Dit blyk uit die ministeriële verslag ’n Covid-19-teenliggaamtoets is Sondag by die hospitaal uitgevoer en toe dít positief is, is ’n depper geneem en vir ontleding weggestuur.
Shangula het sy toestand gister as kritiek beskryf en gesê hy is aan ’n ventilator gekoppel.
Mnr. Ben Nangombe, die gesondheidsministerie se uitvoerende direkteur, het by navraag gesê al die nodige stappe is ingevolge die standaard operasionele prosedure gevolg. Dit sluit in dat mense met wie hy in kontak was, opgespoor word.
Die man was deel van die bemanning wat op 25 April met ’n vissersboot sout en visprodukte na die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) geneem en op 5 Mei na Namibië teruggekeer het.
MEDEREISIGERS IN KWARANTYN
Shangula sê hoewel die agt mense op die vissersboot nie in die DRK voet aan wal gesit het nie, het Kongolese aan boord gegaan.
Sowat twee dae ná hul terugkoms, het hy aan boord van skouerpyn gekla en sy dokter het aanbeveel dat hy tuis in isolasie gaan.
Sy medereisigers is steeds op die boot in kwarantyn, het Shangula gesê.
Dit blyk verder uit die verslag hy het sy dokter op 19 Mei besoek omdat hy toe chroniese pyn ervaar het. Hy is ondersoek en met medikasie huis toe gestuur, maar drie dae later in die hospitaal opgeneem.
Op ’n vraag of die private hospitaal tydelik gesluit gaan word, het Nangombe gesê hy “wil dit nie vooruit loop nie”.
“Afhangend van wat ’n ondersoek na die situasie toon, sal die nodige stappe gedoen word.”
Volgens die verslag is almal met wie hy in die hospitaal in aanraking was, geïdentifiseer en vir Covid-19 getoets. Al die uitslae was negatief.
Hulle word tans vir verdere monitering geïsoleer, terwyl almal met wie hy buite die hospitaal in aanraking was, geïdentifiseer en opgespoor word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie