Geval 22: stabiel, steeds op ventilator
Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

Henriette Lamprecht
Namibië se 22ste bevestigde Covid-19-geval, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds aan 'n ventilator gekoppel. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) me. Esther Muinjangue is die man se toestand stabiel. Namibië het tans 23 bevestigde gevalle van Covid-19 waarvan 14 ten volle herstel het. Volgens Muinjangue word 370 kontakte tans gemonitor. Tot op hede is 3 545 weefselmonsters getoets en is 495 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer