Geval 22 is gesond
Geval 22 is gesond

Geval 22 is gesond

Henriette Lamprecht
Namibië se enigste bevestigde Covid-19 geval wat tot op hede ernstig siek was en op 'n ventilator geplaas is, is gesond. Die goeie nuus is vanoggend deur die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Esther Muinjangue gegee dat die 63-jarige man wat etlike weke in die intensiewesorgeenheid van die Welwitschia Private Hospitaal behandel is, gesond is.

Die minister dr. Kalumbi Shangula het bevestig die man het twee keer negatief vir Covid-19 getoets.

Saam met die 63-jarige man het geval 30 ook ten volle herstel.

Namibië het tans 183 bevestigde gevalle waarvan 24 ten volle herstel het. Tot op hede is 5 706 weefselmonsters getoets en word 159 aktiewe kontakte gemonitor. Tans is 864 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer