u2018Gevaarlikeu2019 man nu00e1 vyf dae aangekeer
u2018Gevaarlikeu2019 man nu00e1 vyf dae aangekeer

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

Denver Kisting
Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die 35-jarige Geingob is Vrydagaand op Okahandja in hegtenis geneem.

Geingob het omstreeks 05:00 verlede Sondag uit die Katutura-staatshospitaal in die hoofstad verdwyn.

Die man is verhoorafwagtend in die Windhoek-gevangenis, maar is ten tyde van sy beweerde ontsnapping vir ’n onbekende kwaal in die hospitaal behandel.

Geingob staan tereg op aanklag van gewapende roof, verkragting, huisbraak en diefstal, het Shikwambi gesê.

Volgens die woordvoerder het die man na bewering ook twee keer vantevore uit aanhouding ontsnap.

Shikwambi het vroeër gesê die polisieondersoek sal ook vasstel of daar nalatigheid aan die kant van die beamptes was in wie se sorg Geingob verdwyn het. “Sou daar enige nalatigheid gewees het, sal alle nodige stappe gedoen word,” het sy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer