Gevaarligte vir smokkel van hout, dwelms
Gevaarligte vir smokkel van hout, dwelms

Gevaarligte vir smokkel van hout, dwelms

Kriminele netwerke is goed gevestig en werk oraloor onwettige markte, veral in mensehandel en wildmisdade.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Alhoewel Namibië minder onder georganiseerde misdaad as die meeste ander lande deurloop, wys 'n ontleding dat gevaarligte flikker oor die onwettige handel in ­eksotiese hout, kokaïen asook sintetiese dwelms.

Terselfdertyd bestaan goed gevestigde kriminele netwerke met ­sindikate wat op “nywerheidskaal” werk om hout na Oos-Asië te smokkel en Namibië as 'n “uitvoermiddelpunt” gebruik.

Volgens die jongste globale indeks vir georganiseerde misdaad deur die Wêreldwye Inisiatief teen Trans­nasionale Georganiseerde Misdaad (GI-TOC), vaar Namibië egter beter as die meeste lande in die wêreld met 'n misdaadtelling van 4,33 uit tien. Die wêreldwye gemiddeld is 4,88.

Die indeks vir die jaar 2020 is Dinsdag bekend gestel.

Volgens GI-TOC is die mark vir eksotiese hardehout een van die grootste onwettige bedrywe in Namibië en loop dit parallel met die wettige markte vir hout en houtskool.

FLORAMISDADE

As dit by die omgewing kom, is die georganiseerde misdaadsyfers of die sogenaamde “floramisdaadsyfer” egter so hoog as 6,5, terwyl faunamisdaad 'n telling van 4,5 kry.

Die verslag sê dít is weens verskeie besendings onwettige hout wat vanaf die noorde van die land in 2020 na China en Viëtnam uitgevoer is.

“Misdade rondom Namibië se plantlewe is volop.

“Korrupte bosbou-amptenare reik vals permitte uit vir die oes en uitvoer vir spesifiek eksotiese palissanderhout. Die handel daarvan word ge­fasiliteer deur plaaslike misdadigers asook Chinese kartelle en word gestimuleer deur 'n hoë en groeiende vraag daarna in Oos-Asië,” lui die verslag.

“Walvisbaai is ook 'n deurvoerpunt vir ander hout uit Afrikalande soos Mosambiek en Angola wat na Asië moet gaan.”



MENSEHANDEL, WILDMISDADE

“Kriminele netwerke is goed ge­vestig en werk oraloor onwettige markte, veral in mensehandel en wild­misdade.”

“Sindikate wat hout na Oos-Asië smokkel, is klaarblyklik goed georga­niseerd en werk op nywerheidskaal. Hulle gebruik Namibië as 'n uitvoermiddelpunt.

“Daar is staatsgebaseerde elemente wat die werk van die kriminele netwerke fasiliteer. Die Fishrot-sage van 2019 is 'n voorbeeld hiervan.

“Buitelandse kriminele ­elemente in Namibië sluit Suid-Afrikaanse bendes (sintetiese dwelms) asook Chinese burgers (hout) in. ­Angolese, Zambiese en Kongolese-groepe is ook betrokke in Namibië se markte vir dwelm- en mensehandel.”

GI-TOC sê daar is min bewyse dat Namibië oor “mafiatipe-misdaadgroepe” beskik.



DWELMS

Dwelms is ook 'n toenemende probleem in Namibië, met 'n misdaadtelling van 4,5 spesifiek vir handel in kokaïen asook sintetiese dwelms.

Namibië se betrokkenheid by die handel van kokaïen het gegroei, beide in terme van plaaslike verbruik en ook as 'n deurvoerpunt na ander lande.

“Namibië is 'n klein deurvoerpunt vir die verskeping van kokaïen uit Suid-Amerika na Suid-Afrika,” lui die verslag.

“Die beskikbaarheid van ­sintetiese dwelmmiddels groei vinnig, veral in stedelike gebiede en in toerisme­sentrums. Die bedryf is afhanklik van invoere vanaf Suid-Afrika en mandrax word dikwels deur owerhede gekonfiskeer.

“Die gebruik van sintetiese dwelms het waarskynlik toegeneem toe die regering alkohol tydelik tydens die Covid-19-pandemie verban het,” wys die ontleding.

“Namibië is 'n groeiende deurvoerpunt vir die verskeping van Afghaanse heroïen, wat die land vanaf die Suide binnekom. Hiervandaan gaan dit of na Wes-Afrika, of word dit na Europese markte verskeep.

“Daarbenewens groei plaaslike verbruik van die dwelm, veral in terme van nagemaakte of goedkoper weergawes daarvan,” lui die verslag.

Namibië is glo ook nie 'n groot deurvoerpunt van dagga nie, alhoewel dit die dwelmmiddel is waarop die meeste beslag gelê word. Die meeste dagga wat plaaslik gekonfiskeer word, kom van eSwatini.



ANDER

GI-TOC sê Namibië het 'n groot mark vir ivoor, renosterhorings en ietermagos. Tog blyk dit dat die onwettige handel in dierespesies oor die afgelope jare afgeneem het.

Volgens GI-TOC bestaan 'n mark vir mensehandel in Namibië, maar dit is nie wydverspreid nie. Die land het dan ook 'n relatiewe lae misdaadtelling van 3,5 in die verband gekry.

“Dit is meestal beperk tot bevolkingsgroepe soos die San en die Zemba asook tot sekere gebiede, soos Windhoek en Walvisbaai. Kinders loop die grootste risiko en word as geforseerde landbou- en ­sekswerkers verkoop.

Namibië het 'n groot mark vir ­onwettige diamante en ander edelstene, tog bestaan daar nie groot ­diamantsmokkel-sindikate nie.

Kommer bestaan oor eienaar­skap van vuurwapens in Namibië, hoofsaaklik omdat daar ­oënskyn­lik net soveel eienaars van onge­lisen­sieerde vuurwapens as van gelisensieerdes is.

[email protected]

FOTO
Volgens GI-TOC is die mark vir eksotiese hardehout een van die grootste onwettige ondernemings in Namibië. FOTO ARGIEF

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026