Gesondheidswerkers: Meer as duisend toets positief

Vyf sterftes sover in gesondheidsbedryf
13 January 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht
Teen 8 Januarie het 1 298 gesondheidswerkers in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Dit was op dieselfde datum 4,6% van die totale getal gevalle.
Die siekte het ook die lewe van vyf gesondheidswerkers geëis. Die meeste van die gesondheidswerkers is in die staat en wel 985 (75,1%), terwyl 309 in die private gesondheidsbedryf (23,8%) en vier (0,3%) van nie-regeringsorganisasies is. Teen Saterdag het 960 (74%) reeds herstel.
Dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het by navraag beklemtoon gesondheidswerkers sluit alle werkers van die ministerie en private verskaffers van gesondheidsdienste in en nie net dié wat met pasiënte werk nie.
“In die opsig is hulle lede van hul onderskeie gemeenskappe wat net soos ander gemeenskapslede geïnfekteer word,” het hy gesê.
Hy het erken gesondheidswerkers loop wel 'n bykomende risiko, veral diegene wat regstreeks met pasiënte werk. Met verwysing na persoonlike beskermende toerusting (PPE) het Shangula gesê die ministerie het nog nooit enige tekorte aan PPE's ervaar nie.
Die streek waar die meeste gesondheidswerkers positief getoets het, is Khomas en wel 647, gevolg deur Erongo met 145. Die res van die streke sluit in Oshana (127), ||Kharas (79), Oshikoto (59), Otjozondjupa (56), Kavango-Oos (39), Kunene (36), Hardap (31), Omaheke (24), Ohangwena (20), Omusati (17), Zambezi (17) en Kavango-Wes (1).
– [email protected]

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
12 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
14 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
18 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies