Gesondheidswerkers, leerlinge, onderwysers en studente deel van 224 nuwe gevalle
Drie gesondheidswerkers, 13 leerlinge, drie onderwysers en twee studente is deel van die 224 nuwe gevalle wat vandag aangemeld is. Uit die 224 nuwe gevalle is 30 in Windhoek, 17 in Eenhana, 13 in Engela, 25 in Oshakati en 24 in Walvisbaai aangemeld.
Nog 186 mense het herstel wat die herstelkoers op 95% te staan bring. Dit sluit 47 in Erongo, 43 in Kavango-Oos, 38 in Omaheke, 30 in Khomas, 17 in //Kharas, 9 in Omusati en twee in Hardap in.
Die aktiewe gevalle staan nou op 1 244 waarvan 153 in die hospitaal en 15 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 61 mense in die hospitaal en 12 in ICU, in Erongo is 25 mense in die hospitaal en twee in ICU terwyl Omusati 12 mense in die hospitaal het.
Die Covid-19-verwante sterftes het met nog een tot 353 gestyg. Tot op hede is 267 864 weefselmonsters getoets, 5 021 kontakte word gemonitor en 1 141 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie