Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige man, 'n 32-jarige vrou, 'n 76-jarige vrou en 'n 53-jarige vrou in. Almal het onderliggende mediese toestande gehad. Die twee sterftes in Swakopmund is van onderskeidelik 'n 73-jarige en 82-jarige man, terwyl die geval in Grootfontein dié van 'n 32-jarige vrou sonder enige onderliggende mediese toestande is. Die Covid-19-verwante sterftesyfer staan tans op 261.
Twaalf gesondheidswerkers, 25 leerlinge, sewe onderwysers en sewe studente is onder die 343 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is. Die gevalle is in 13 van die 14 streke aangeteken, met Khomas wat 25% van die bevestigde gevalle verteenwoordig, gevolg deur die Oshanastreek met 16%.
Die 343 nuwe gevalle sluit 86 in Windhoek, 55 in Oshakati, 34 in Walvisbaai, 17 in Swakopmund, 14 in Mariental, tien in Rehoboth, 12 in Tsandi, nege in Oshikuku, drie in Outapi, 20 in Katima Mulilo, agt in Keetmanshoop, sewe in Karasburg, een in Lüderitz, nege in Tsumeb, vyf in Onandjokwe, een in Omuthiya, 11 in Opuwo, drie in Khorixas, nege in Andara, vyf in Rundu, tien in Otjiwarongo, een elk in onderskeidelik Okakarara en Okahandja, nege in Eenhana, twee in Engela en een in Gobabis in.
Nog 170 mense het herstel wat die totaal op 24 426 te staan bring en 'n herstelkoers van 86% is. Dit sluit 85 in Erongo, 60 in Khomas en 25 in //Kharas in.
Die aktiewe gevalle staan tans op 3 874 waarvan 273 in die hospitaal is en wat 32 in intensiewesorgeenhede (ICU) insluit. Khomas het 39% van die gehospitaliseerde gevalle. Hier is 107 in die hospitaal en 28 in ICU, Zambezi 32 in die hospitaal en een in ICU, 25 in Erongo en twee in ICU, gevolg deur onder meer 23 in Ohangwena, 16 in //Kharas, 15 in onderskeidelik Omusati en Kunene en 14 in Oshana.
Tot op hede is 230 214 weefselmonsters getoets, 6 544 kontakte word gemonitor en 1 999 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie