Gesondheidswerkers: 1 uit 4 volledig ingeu00ebnt
Gesondheidswerkers: 1 uit 4 volledig ingeu00ebnt

Gesondheidswerkers: 1 uit 4 volledig ingeënt

Sestien lande in Afrika het minder as een gesondheidswerker vir 1 000 inwoners.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Net 27% van gesondheidswerkers in Afrika is ten volle teen Covid-19 ingeënt.

Dit beteken die oorgrote meerderheid van die werksmag wat deel van die voorste linie teen die siekte vorm, is nie beskerm nie.

Volgens ’n voorlopige ontleding deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wys data uit 25 lande sedert Maart vanjaar is 1,3 miljoen gesondheidswerkers ten volle ingeënt. Net ses lande het die doelwit van meer as 90% reeds bereik, terwyl nege lande minder as 40% van sy gesondheidswerkers ten volle ingeënt het. In teenstelling het 22 meestal hoë-inkomstelande meer as 80% van hul gesondheidswerkers ten volle ingeënt.

“Die meerderheid van Afrika se gesondheidswerkers is gevaarlik aan ernstige Covid-19-infeksie blootgestel. Tensy ons dokters, verpleegsters en ander frontliniewerkers volle beskerming kry, gaan ons ’n terugslag ervaar in ons pogings om hierdie siekte te bestry. Ons moet verseker ons gesondheidsgeriewe is veilige werksomgewings,” het dr. Matshidiso Moeti, die WHO se streekkoördineerder vir Afrika, gesê.

Volgens hom is dit belangrik om ’n hoë immuniseringsdekking onder gesondheidswerkers te hê; nie net vir hul eie beskerming nie, maar ook vir hul pasiënte, en om te verseker gesondheidstelsels stort nie tydens ’n tyd van uiterste behoefte in duie nie.

Volgens die WHO het Afrika ’n akute tekort aan gesondheidswerkers met net een land in die streek wat die vereiste gesondheidswerkers – 10,9 vir ’n 1 000 inwoners – het om noodsaaklike gesondheidsdienste te lewer. Sestien lande in die streek het minder as een gesondheidswerker vir 1 000 inwoners. Enige verlies van dié werkers aan Covid weens siekte of sterfte, het dus ’n geweldige invloed op dienslewering.

Volgens WHO-data het meer as 150 400 gesondheidswerkers sedert Maart verlede jaar Covid gehad, 2,5% van alle bevestigde gevalle en 2,6% van die totale gesondheidsmag in die streek. Vyf lande is verantwoordelik vir sowat 70% van al die Covid-infeksies by gesondheidswerkers, naamlik Algerië, Ghana, Kenia, Suid-Afrika en Zimbabwe.

Die WHO maan die risiko vir infeksie onder gesondheidswerkers styg soos gevalle styg, iets wat duidelik in die vorige drie golwe van die pandemie gesien is.

Tot op hede is meer as 227 miljoen dosisse in Afrika toegedien. In die 39 lande wat data vir die opname voorsien het, was 3,9 miljoen dosisse vir gesondheidswerkers.

Afrika het reeds 330 miljoen dosisse van Covax, die Afrika taakspan vir die verkryging van entstowwe sowel as bilaterale ooreenkomste sedert Februarie vanjaar ontvang. Sowat 83% is sedert Augustus afgelewer.

Die WHO sê die lae opname onder gesondheidswerkers kan toegeskryf word aan die beskikbaarheid van immuniseringsdienste in veral landelike gebiede, sowel as ’n weerstand teen entstowwe. As voorbeeld wil net sowat 40% van gesondheidswerkers in Ghana die entstof hê en minder as 50% in Ethiopië. Die grootste weerstand is weens kommer oor die veiligheid en die nadelige newe-effekte van die entstowwe. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037