'Gesondheidsorg by kruispad'
“Mediese fondse moet aanpas en kompeterend bly om nie te duur te raak nie.”
Henriette Lamprecht
Mediese fondse in Namibië moet hulself binne die veranderende landskap van gesondheidsdienste herposisioneer.
Mnr. Callie Schafer het tydens 'n bespreking van die uitdagings en geleenthede vir private gesondheidsorg gesê gesondheidsorg in die land is by 'n kruispad.
Schafer het na 'n klein lidmaatskapbasis verwys wat onder meer die risiko loop vir groter eise en wisselvalligheid.
Nog 'n uitdaging is om lidmaatskap in 'n hoogs versadigde mark te verhoog en die vereiste reserwevlak vir fondse op 25% te bereik en te behou.
belange BESKERM
Om 'n gebalanseerde kruissubsidiepoel te bereik, is dit volgens hom nodig om ouer lede te oortuig om hul gesondheid te verbeter, terwyl jongmense hul gesondheid in stand moet hou.
Schafer het gesê dit is belangrik om finansiële en kliniese gemoedsrus aan rolspelers te verskaf, terwyl die negatiewe openbare persepsie van die gesondheidsorgmark verander moet word deur inisiatiewe wat op lede sowel as op openbare gesondheidsorg fokus.
Met verwysing na die huidige stand van Namibië se ekonomie het Schafer inflasie, afleggings, kansellasie van mediese fondse, sowel as wanbetalings uitgesonder.
Hy het voorts gesê die sakesektor is bekommerd oor stygings in mediese fondse, met die uitdaging vir fondse om premies binne die verwagtinge van maatskappye en die ekonomie te hou.
“Lede se bydraes styg teen 'n hoër koers as salarisverhogings en die vraag is hoe om bydraes bekostigbaar te hou,” het Schafer gesê.
Nog 'n uitdaging vir mediese fondse is om groter werknemersgroepe te behou, terwyl innoverende nuwe produkte en prysopsies ondersoek moet word.
Hy het ook verwys na die implementering van beleidsrigtings en praktyke wat op voorkomende sorg fokus.
Schafer het 'n gebrek aan doeltreffende strategieë vir kostevermindering, sowel as vennootskappe tussen die private en openbare sektore as koste-alternatief vir intreevlakke en groei as struikelblokke uitgesonder.
“Mediese fondse moet aanpas en kompeterend bly om nie te duur te raak nie.”
belange BESKERM
Hy het voorts gesê die belange van private gesondheidsorgvennootskappe moet bevorder word en binne die doelwitte van die regering, Visie 2030 en enige moontlike toekomstige lewering van gesondheidsorg, verseker word.
“'n Uitdaging vir die gesondheidsorgbedryf is om deel van die universele gesondheidsmodel te wees, met oorweging wat aan die finansiering van dié planne geskenk moet word.”
Voorts moet die gesondheidsbedryf deel van die nasionale mediese voordeelfonds (NMBF) se dienslewering wees. Volgens Schafer is die hervorming van gesondheidsorg agterweë gelaat en moet rolspelers in die private gesondheidsbedryf aan die regering wys wat hul waarde is deur deel van die proses te wees.
Met verwysing na persepsies onder fondse en gesondheidslui het hy gesê wantroue moet verwyder word en beskuldigings moet ophou.
“Sit die koste van gesondheidsorg uiteen, sowel as koste wat nie met gesondheidsorg verband hou nie - geen verskuilde agendas!”
Daar moet ook ooreengekom word op 'n algemene strategie om onder meer ontledings en oorsigte van praktykkoste te doen.
Volgens Schafer moet oorweging ook geskenk word aan alternatiewe vergoedingsmodelle, asook die instel van 'n beoordelingsforum vir kollegas in die gesondheidsbedryf.
“Die hervorming van gesondheidsorg is 'n reis. Beplan vooruit, lê die grondslag en bereik eenstemmigheid.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie