Gesondheid: Huur eerder as koop

Medisyne bly 'n “kopseer”

02 August 2019 | Ministeries
Henriette Lamprecht



Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) ondersoek die moontlikheid om toerusting eerder by verskaffers te huur omdat daar nie geld is om dit aan te koop nie.

'n Jaar ná hy amptelik as uitvoerende direkteur by die ministerie aangesluit het, het mnr. Ben Nangombe sy personeel in Windhoek toegespreek en erken as die ministerie nie geld het nie kan programme nie geïmplementeer word nie.

'n Gekwalifiseerde oudit van die ministerie, wat met N$6,4 miljard een van die grootste begrotings het, is die afgelope paar jare gedoen.

Nangombe sê menslike hulpbronne is die MoHSS se bloedlyn, maar die neiging is om mekaar en ook pasiënte “minder waardevol” te laat voel.

“Ons het nodig om dit te erken en daaraan te werk.”

Hy het gesê die kantoor van die eerste minister is onder meer genader om vakante poste te vul.

Volgens hom is meer as 140 interns reeds uitgeplaas, terwyl daar in die private sektor plek gesoek word vir dié wat nie by openbare geriewe geakkommodeer kan word nie.

Op 'n positiewe noot het hy verwys na die Katutura-gesondheidsentrum wat eersdaags sy deure open en 24 uur 'n dag oop sal wees.

Volgens hom raak die opknap en instandhouding van sekere gesondheidsgeriewe al moeiliker en selfs ­onmoontlik omdat die geriewe te oud is.

Hy het verwys na die kliniek op Maltahöhe wat in 1951 gebou is en gesloop moet word – wat die ministerie nie kan bekostig nie.

Die beskikbaarheid en aankoop van medisyne en toerusting bly 'n kopseer, maar 'n omkeerplan is by die Sentrale Mediese Store (CMS) in werking wat teen die einde van die jaar voltooi sal wees.

Met verwysing na die verspreiding van voorraad het Nangombe gesê dit is dikwels wél by pakhuise in die streke of by CMS in voorraad, maar is nie betyds bestel nie.

Nangombe het verwys na 'n geval waar medikasie in toegevoude koerante by 'n kliniek uitgedeel is omdat pilsakkies glo nie beskikbaar was nie.

Dít terwyl byna twee miljoen sakkies enkele kilometers verder op Oshakati beskikbaar was.

In nog 'n geval het die Robert Mugabe-kliniek beweer hy het nie meer gesondheidspaspoorte nie, terwyl dit wel by CMS beskikbaar was.

“Koördinering moet versterk word. Die basiese dinge moet reg gedoen word. Voor jy iets beweer, bevestig dit eers voor pasiënte op hol gejaag word.”

Hy het ook verwys na 'n spesifieke grootte chirurgiese handskoen wat glo nie in voorraad was nie.

“Hoe laat ons toe dat ons by 'n punt kom waar dit nie in voorraad is nie? Ons werk met mense se lewens. Ons blus net heeltyd vure op 'n daaglikse basis en dis nie goed vir ons óf die land nie.”

Nangombe het ook verwys na die besparing van tot N$60 miljoen deur tee en koffie van hospitaalspyskaarte te verwyder. Volgens hom het dié items nie veel voedingswaarde nie.

Aankope en tenders is deur hom as die “olifant in die kamer” beskryf en hy het gesê die versoeking bestaan om oneerlik te wees en bedrog te pleeg.

“Ek wil nie hoor van verdagte onderhandelinge nie, die proses moet ten volle deursigtig wees.”

Hy het bygevoeg MoHSS adverteer nou tenders op sy webtuiste en maak ook hier bekend aan wie die bod toegestaan is.

“Laat die mense sien hoe ons dit doen.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Chasing your dream

12 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

12 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

12 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

12 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

12 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

12 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

12 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...