Gesoek: perfekte resep vir renosterwesies

Perdemelk-vervanging kan duur uitwerk

06 October 2021 | Omgewing
Engela Duvenage

’n Nagraadse student in Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), Dakota Guy, is tans besig om ’n plaasvervanger vir regte renostermelk te ontwikkel wat so na as moontlik aan die oorspronklike is.

Dié formulemelk sou gebruik kon word om renoster-wesies of kalfies wat deur hul ma’s verwerp is, te voer. Dit word tans by verskillende renosterskuilings getoets en blyk reeds heel waardevol te wees.

Guy se pogings vorm deel van haar MSc-studies in die departement Veekundige Wetenskappe in die US se fakulteit AgriWetenskappe.

Sy sê renoster-wesies in Suid-Afrika word gewoonlik gevoer met ’n kommersiële perdemelk-formule, of soms selfs met ’n beesmelk-vervanging.

“Dis moeilik om te glo, maar perde en renosters is verwant, aangesien hulle in die verre verlede ’n gedeelde familielid gehad het, en daarom soortgelyke verteringstelsels het,” verduidelik Guy, ’n Kapenaar wat aan Rustenburg Hoër Meisieskool in Kaapstad gematrikuleer het.

Daar is reeds verskillende soorte perdemelk-vervangings op die mark. Die fyn wit poeier word met water gemeng voor elke voeding. Die huidige produk kan egter nogal duur per kilogram uitwerk.

Navorsers het Guy gehelp met die ontwikkeling van ’n plaasvervanger-renostermelk wat so na as moontlik is aan die samestelling van die werklike melk van ’n suidelike witrenoster. Die resep bevat bestanddele soos weipoeier, plantaardige vet, dekstrose, natrium-kaseïenaat en Biosin. Die eindresultaat is ook ’n fyn wit poeier wat met water gemeng word. Tot dusver blyk dit meer koste-effektief as die perdemelk-vervanger te wees.

Guy vergelyk tans die gebruik daarvan met die perdemelk-vervanger in terme van hoe goed die kalwers groei en hoe maklik dit vir hulle is om te verteer. Die kalwers in haar proef word elke week geweeg.

Albei soorte melkvervangers word in Oudtshoorn deur Nandrea Health Products vervaardig.

WILDE MANIERE

“Dis beslis nie die maklikste ding om diere op een of ander manier te leer om op ’n skaal te klim en lank genoeg stil te staan sodat mens die geskikte mates en gewigte kan neem nie,” erken Guy. “Dit kan baie moeilik en stresvol wees, veral met ouer of temperamentele kalwers.”

’n Groot probleem was aanvanklik om genoeg renosterkoei-melk vir ontleding te verkry. Inderwaarheid het dit twee jaar geduur voordat genoeg monsters versamel is sodat dit behoorlik genoeg gedoen kon word.

“Ek moes eers weet wat die presiese samestelling daarvan is, voordat ons kon begin werk aan ’n vervangingsresep,” onthou Guy.

Vir haar is dit ’n droomgeleentheid om elke dag met ’n bedreigde spesie te mag werk.

Sy vertel ook dis een ding om ’n rustige melkkoei te melk, maar ’n heel ander kwessie wanneer dit by renosters kom. Daar is altyd ook die bykomende vrees dat, indien ’n mens ’n renosterkoei sou melk, dit soveel stres kan veroorsaak dat sy haar kalf sou kon verwerp.

Guy en haar medewerkers het daarom alle moontlike geleenthede vir dié melkery aangegryp wanneer ’n renosterkoei met ’n kalfie verdoof is vir byvoorbeeld die afsny van die horing of iets soortgelyk.

“Sulke tye moet die kalfie van die ma geskei word sodat jy met haar kan werk. Hierdie situasies kan gevaarlik wees, byvoorbeeld as die kalfie besluit om terug te keer terwyl die gekwalifiseerde personeel nog aan die werk is.”

Met die hulp van ander renoster-skuilings in Suid-Afrika hoop Guy om nog meer kalwers by die navorsing betrokke te kry.

“Die ideaal is dat ons 12 kalwers moet hê waarvan die helfte perde-melkvervanger ontvang, en die res die renoster-melkvervanger.

“Te veel renosterkoeie met kalwers aan hul sy is in onlangse jare gestroop, terwyl ander koeie aan natuurlike oorsake vrek. Skuilings ontvang dikwels ook beseerde, siek of swak kalwers, of diegene wat deur hul ma’s verwerp is, of van hulle is op een of ander tyd geskei en kan nie weer herenig word nie.

DRINK BAIE

Nuut gebore kalfies (wat tussen 60 en 80 kilogram weeg, ewe veel as ’n volwasse mens) drink 8 tot 12 bottels per dag, aanvanklik elke twee tot drie uur. Hulle kan tussen 6 en 6.5 liter op ’n keer drink. Die ouer kalwers drink meer as 20 liter per dag. Die meeste begin teen hul derde maand vaste voer inneem, afhangend van wanneer hul tande uitkom, maar slegs teen hul 16de maand is hulle ten volle gespeen.

“Renosterkalwers huil soos babas wanneer hulle honger is,” verklap Guy.

Sonder hul ma’s is hul kans op oorlewing maar skraal.

“Renoster-weeshuise oor Suid-Afrika heen speel ’n belangrike rol in die versorging van renoster-kalfies,” reken Guy.

Vir die afgelope twee jaar het sy by twee sulke renosterskuilings of “sanctuaries” gewerk – eers by Little Rhino Orphanage in Noordwes, en sedert laat verlede jaar by Rockwood Conservation naby Kimberley in die Noord-Kaap. Sy waardeer die ondersteuning wat sy ontvang van Rockwood se eienaar, Wicus Diedericks, en sy personeel.

Sy is ook dankbaar vir die ondersteuning wat sy ontvang van die Universiteit Stellenbosch, Nandrea Health Products, Wildlife Nutrition Services, Little Rhino Orphanage, Rockwood Conservation, en die Care for Wild Rhino Sanctuary.

Die werk op die ontwikkeling van melkvervangers vir renosters pas in by soortgelyke projekte by die US wat fokus op mak spesies soos koeikalwers en skaaplammers. Voedingsnavorsing oor wildspesies soos swartwitpense word ook gedoen.

“’n Lang pad lê nog voor om die sukses van hierdie renoster-melkvervanger te bepaal. Ons weet die voordeel van hierdie navorsing is kosbaar vir die bewaring van dié bedreigde spesie,” meen Guy se studieleier, dr. Brink van Zyl van die departement Veekundige Wetenskappe in die fakulteit AgriWetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch.

[email protected]

Soortgelyk

 

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

1 uur gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

PHOTO OF THE WEEK:

1 uur gelede |

Siku Investments, together with Bank Windhoek as part of the Cancer Apple Project, donated over 50 apples to the Children of Hope Village. Siku investments...

Nust marine engineering students seek over N$3 million

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleA group of 16 students in a marine engineering degree programme at the University of Science and Technology (NUST) in partnership with a Finnish...

200 more in need

1 uur gelede |

Jeanette DiergaardtOruua Primary School at Ovitoto recently received a donation worth N$60 000 from the Ohlthaver and List (O&L) group of companies through one of...

Investing for the greater good

1 uur gelede | Onderwys

Monique AdamsThe Maltas Club Namibia celebrated its 10th anniversary on 11 March this year. The core mandate of the Maltas Club is premier student learning...

Covid-19 pandemic reforms education

1 uur gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der WaltAmidst the looming uncertainty of the new semester calendar ushered in by the ministry of education, arts and culture, executive director Sanet...

Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

1 uur gelede |

Iréne-Mari van der WaltDie Stepping Stones-skool vir kinders met leer- en gedragsuitdagings het onlangs hul jaarlikse afsluitingskonsert met ’n sirkustema gehou. Die skoolhoof, Almarie Mostert,...

SStar Teacher from DHPS: Valerie Van Zyl teaches Mathematics,...

1 uur gelede | Mense

1. Why did you decide to become a teacher? School was hard for me when I was a learner and unfortunately, some of...

Becoming globally competitive begins at home

1 uur gelede |

Desiree Gases A youth internship programme aimed at equipping people between the ages of 18 and 34 with meaningful skills and work experience has been...