Gesin met pistool aangehou
'n Bekende sakeman van Windhoek prys die polisie vir hul flinke optrede nadat drie rowers sy gesin aangeval en beroof het.
Francoise Steynberg
'n Bekende sakeman en sy gesin is in die middernagtelike ure tussen Dinsdagnag en Woensdagoggend vir sowat twee ure deur drie gewapende rowers met 'n pistool by hul huis in Ludwigsdorf in die hoofstad aangehou.
Die sakeman (50) is verheug dat hy die nagmerrienag saam met sy 40-jarige vrou en hul gestremde 7-jarige dogter oorleef het, al is hy erg met 'n bandligter aangerand. Gelukkig het hul ander dogter by vriende oorgeslaap en hul seun is op kosskool in Stellenbosch in Suid-Afrika.
Pimpel en pers
“Die eerste ding wat hulle gedoen het, was om my buite aksie te stel. Hulle het my met 'n bandligter van my knieë tot my skouers pimpel en pers geslaan,” sê die man.
Hul gestremde dogter, wat aan serebrale verlamming ly, het tydens die hele drama gelag en gesels soos sy altyd doen en die booswigte het aan die man gesê: “As julle haar nie stilmaak nie, gaan ons haar hier onder in die rivier doodmaak!”
Die man sê hy het vir sy dogter gesing om haar te probeer stil kry.
Hy sê hy is net dankbaar dat hulle nog lewe en die gewapende rowers niks aan sy vrou en dogter gedoen het nie.
“Geld en besittings is niks. Ons lewe. Die heel eerste ding wat ons gedoen het toe die rowers weg is, was om mekaar vas te hou en te bid.”
Die man meen die rowers is gesoute misdadigers wat weet wat hulle doen en is baie professioneel. “Hulle het handskoene gedra en het selfs 'n plastiekgeldsakkie waaraan een van die rowers gebyt het, in die toilet afgespoel om nie DNS-bewyse agter te laat nie.”
Die rowers het nie balaklavas gedra nie en die man sê die polisie het reeds identikits van misdadigers aan hom gestuur om die rowers te probeer uitken.
“Daar was nie 'n plek in die huis wat die rowers nie deursoek het nie. Hulle is te voet agter ons huis by die koppie op met 'n rewolwer, kameras, selfone, juwele, N$2 000 en my bakkie se sleutels,” sê die man.
“Ek het vir hulle gesê hulle kan my bakkie vat, maar hulle wou nie. Hulle het my jaggeweer in die kluis gelos, dit gesluit en is met die kluissleutels weg.”
Die man het die booswigte se spore gevolg en sê dit is duidelik dat hulle van Hotel Thule af met die wandelpad oor die berg na hul huis gestap het wat teen 'n koppie en droe riviertjie geleë is, en hulle het op dieselfde roete op die vlug geslaan.
“Die Namibiese polisie is ongelooflik! Hulle en die sekuriteitsmaatskappy was dadelik op die toneel nadat die voorval aangemeld is en daar was seker al 100 polisiemanne en senior lede van die eenheid vir ernstige misdaad by ons huis,” sê die man.
“My gesteelde selfoon is omstreeks 06:40 geaktiveer agter Voermeester op die grondpad waar die asgate is. Die polisie ondersoek nou die selfoonrekords en is warm op die rowers se spoor,” sê hy.
Dit word vermoed dat die rooftog verband hou met verbouings wat tans by hul huis gedoen word. Die man waarsku Namibiërs om meer paraat te wees en hul sekuriteit op te skerp.
“Ek gaan beslis sekuriteit by my huis opskerp, want ek sien nie kans dat my gesin hierdie trauma weer herleef nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie