Gereed om die wêreld aan te pak
Tanja Bause
Veertien jong Namibiërs is tans in Los Angeles in die Verenigde State van Amerika (VSA) waar hulle aan die World Championships of the Performing Arts deelneem.
Altesaam 52 lande ding mee by die geleentheid wat as die Olimpiese Spele van uitvoerende kunste beskou word. Namibië is een van agt Afrikalande wat deelneem. Dit is die 22ste keer dat die kampioenskappe aangebied word en vind vanjaar van 6 tot 15 Julie plaas.
Onder die Namibiese deelnemers is die 12-jarige Lara-Nika Praetorius (12) van Outjo. Sy neem in sewe kategorieë deel en het vir elk 'n ander uitrusting en liedjie. Vir die openingseremonie het sy 'n Herero-rok met die landsvlag aangehad wat volgens haar ma, Tanja Praetorius, baie gewild was.
“Die Filippyne het die afdeling vir die mooiste kostuum gewen, maar Lara-Nika het baie aandag getrek met baie deelnemers wat 'n foto saam met haar geneem wou hê,” het sy vanuit Los Angele gesê.
Lara-Nika se rok is deur me. Hillary Muukua van Windhoek gemaak.
“Ek het 'n rok vir my niggie in Outjo gemaak. Tanja het dit gesien en my gekontak. Ek kan nie glo dat my rok in Amerika so baie aandag trek nie. Ek is baie trots,” het Muukua gesê.
Die organiseerder van die Namibiese kampioenskappe vir uitvoerende kunste, me. Lomine Brynard, vergesel die groep in Los Angeles.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie