Genoeg is genoeg - nie net op Gobabis
Genoeg is genoeg - nie net op Gobabis

Genoeg is genoeg - nie net op Gobabis

Mandy Rittmann
KIESERS VAN DIE GOBABIS MUNISIPALE RAAD-KOALISIE SKRYF:

Boodskap aan die vorige munisipale raad van Gobabis, streekskantoor, regering en alle inwoners van Namibië:

Genoeg is nou genoeg!

Na ’n lang waggery, verwag ons nou antwoorde op ons vrae aan die voormalige munisipale raad en ook die regering.

GEE ONS KRAG

Hoekom is daar ’n verlies van ongeveer N$51 miljoen slegs op kragaankope by NamPower?

Die agterstallige Nampower-rekening het byna gely tot ’n afsny van die dorp se krag.

Hoekom het die streekskantoor geen bydrae gelewer toe hulp gevra is nie?

Inwoners se munisipale rekeninge het gedurende die laaste 3 jaar meer as verdubbel.

Het hierdie geld die gate toegestop wat deur wanbestuur en korrupsie veroorsaak is?

Sodoende verhoogde rekeninge plaas die besighede en inwoners onder druk met buitensporige tariewe, wat die vooruitgang van die hele dorp benadeel of selfs vernietig.

Hierdie doen en late is duidelik sigbaar oor ons hele land en daarom doen ons ’n beroep op elke dorp in Namibië om op te staan en die nodige ondersoeke te vereis. Totale korrupsie en wanbestuur moet so in hierdie pragtige land uitgeroei word.

ONDER DIE MAT

Hoekom is die verslag van die ministerie van Local Government wat in 2018 aan die streekskantoor gestuur is net onder die mat gevee? Wat het daarvan geword?

Ons bedank die ministerie vir die ondersoeke wat huidiglik geloots is, om ongerymdhede uit te wis, sodat ons met ’n skoon blaadjie kan begin opbou en regstel op alle vlakke in Gobabis.

Met onafhanklikwording in 1990 was Gobabis die derde sterkste munisipaliteit van Namibië. Ons is trots op ons land en ons dorp en ons sal nie verder die afdraande pad duld nie!

Niemand hou van ’n heksejag nie, en dit is ook nie die bedoeling van ons optrede, besluite en take nie, maar wel sal ons opstaan vir die waarheid en geregtigheid.

PROJEKTE

Verskillende projekte is aangepak deur die voormalige munispaleraad waardeur tot vandag die rooi ligte flikker.

Deeglike ondersoeke sal wanbestuur en bedrog van hierdie projekte aan die lig bring , ook moet dit tot op streeksvlak wees. Dit is onaanvaarbaar en sal nie gelos word nie. Ons dring aan op ondersoeke van projekte en skuldiges sal die gevolge ongelukkig moet dra.

DIENSLEWERING

Waar is die diens van ons Gobabis-polisie as die dorp dan huidiglik getuiser word met huisinbrake, veediefstal?

Wat het van die voertuie geword wat vir hierdie uitvoer van pligte noodsaaklik is?

Wanneer dit ernstig benodig word, is dit nie beskikbaar nie. Mense moet tot 10 km stap om hulp te kom vra!

Op dieselfde patroon gaan dit by NaTIS. Dit vat 3-4 ure om ’n motorlisensie uit te neem. Dit vat selfs maande om ’n afspraak te kry vir ’n leerlinglisensie en om te kan uitpasseer. Mense word rondgestuur en stap ver afstande om dan te hoor hulle moet afskrifte van ID-kaarte maak. Daar bestaan geen duidelike samewerking of diens nie!

Vir die instansies is dit vanselfsprekend dat aan hulle vereistes voldoen moet word, maar hulle bied geen diens of hulp aan nie.

Genoeg is genoeg!

MEDIESE SORG

Toestande in die Gobabis-staatshospitaal en -kliniek is onaanvaarbaar.

Siek mense stap ver afstande en ure uit die plakkerskamp aan na die hospitaal toe om dan daar in rye vergeefs te gaan sit en wag vir hulp. Hulle word selfs weggewys om die volgende dag weer te kom. Doktors is nie op diens nie.

Gedeeltelik is die gebou en terrein vuil, onversorg en stink. Hoe is dit moontlik in tye van Covid?

30 JAAR LATER

Hoe lyk ons informele woonbuurte? Na 30 jaar is daar nog nie genoeg erwe, lopende water of toiletgeriewe nie, maar dit word verwag dat inwoners nie siek word nie! Wat het van die geld geword wat vir daardie ontwikkeling beraam was?

Die veeartsenykantoor het herhaaldelik geen ink om noodsaaklike dokumente te druk en werknemers koop op hul eie onkoste ink, sodat hulle die mense kan help. Hoekom moet dit so wees?

Die inwoners is moeg en ongelukkig oor toestande, ook in ander dorpe, en daar word nou antwoorde gesoek by die regering oor verdere ontwikkeling in sekere streke in Namibië.

Die grondpaaie is in swak toestande, alhoewel in ander streke selfs die sykante van die paaie met splinternuwe skrapers geskraap word. Dit laat ’n mens dink!

Waarom is daar so ’n groot verskil tussen die Noorde en ander streke? Mense se lewens is daagliks in gevaar oor ons grondpaaie en selfs die verswakking van ons teerpaaie landswyd.

’n Punt om oor te dink: hoekom ry die regering in swart voertuie met getinte vensters? Is daar iets om weg te steek of is iemand dalk bang vir die land se inwoners? As ’n regering die beste vir sy land wil hê, dan sal hy nie wegkruip of nie antwoord nie, maar verbetering nastreef.

STAAN TROTS OP - AS EEN

As koalisie van Gobabis het ons niks om voor bang te wees nie, of weg te steek nie. Nee, ons is trots op ons dorp Gobabis en sy inwoners en almal het iets beters verdien as wat ons die afgelope 30 jaar ontvang het.

Ons is net so trots op ons land Namibië wat huidiglik geplunder word deur korrupsie, wanbesteding en wanbestuur.

Ons doen ’n beroep op ons mense om saam te staan en op te staan vir julle regte. Die tyd het aangebreek vir antwoorde, deeglike ondersoeke en die uitwissing van wanbestuur, bedrog en korupsie!

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%