Geliefde landbou-reus gegroet
Geliefde landbou-reus gegroet

Geliefde landbou-reus gegroet

Namibiese boere sê ‘n groot seder het geval, maar dat sy waardevolle nalatenskap blý.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Willie Grobler, ’n bekende en geliefde in Namibiese beestelerskringe wat groot bydraes tot landbou in Namibië met sy kennis oor verskeie beesrasse gemaak het, sal op Vrydag op Otjiwarongo ter ruste gelê word.

Die bekende beeskeurder, -beoordelaar, spreker op beesinligtingsdae en ook ’n konsultant vir Voermeester, is op Sondag 8 Januarie oorlede en laat sy vrou Franci en twee seuns na.

Sy jarelange vriend en kollega, mnr. Dawid Krause sê hy het Willie as ’n sterk mens met ’n uitsonderlike karakter geken en sal hom onthou as een van die land se beste beesbeoordelaars. Hy en Willie ken mekaar al sedert 1979.

“Sy kennis en siening van beeste was uitstekend en sodoende het hy ’n baie groot aandeel in die ontwikkeling van verskeie telers en kommersiële boere in Namibië gehad.

“Hy het sy lewe in diens van die Namibiese boer en die ontwikkeling van die beesbedryf gestel – ongeag die ras. Hy was altyd konsekwent en boonop was hy ook betrokke by die voortrekkers en ’n groot Christen,” het Krause gesê.

Willie seun WP sê hy sal sy pa onthou as iemand wat nie bang was om te sê wat in sy gedagtes omgaan nie. ’n Uitstaande kenmerk van sy pa, was sy groot liefde vir die natuur.

“Hy het ’n sagte hart gehad en altyd omgegee,” het WP gesê.

Willie se gesondheid het ’n terugslag gehad nadat ‘n kwaadaardige kankergewas in Maart verlede jaar op sy brein verwyder is, wat toe tot ’n lang verblyf in die waakeenheid van die Panaroma MediClinic in Kaapstad gelei het.

Krause sê intussen het meer operasies gevolg, wat insluit ’n knievervanging en hartomlyning. Kort voor sy dood het Willie ook nog bestraling vir die kanker ontvang, waarna sy gesondheid agteruit gegaan het.

Boodskappe van meegevoel het van oraloor die land op die Namibië Boere se Facebook-blad ingestroom.

Gerhard Byleveld het geskryf: “Willie, jy het 'n verskil in baie mense se lewens gemaak, oud en jonk, boer en dorpenaar! Jy het ook die naam van Voermeester wyd uitgedra. Geniet jou maaltyd by Jesus, ons redder!”

“Daar het ‘n groot seder geval. Rus sag oom, die seer en swaarkry is verby,” het Johan Pieterse geskryf.

Loraine van Heerden het gesê ’n groot man uit beesgeledere moet nou gegroet word.

“Rus in vrede, oom Willie Grobler. Ek het so baie by oom geleer en is so dankbaar daarvoor. Dis waarlik ‘n hartseer dag vir beesboerdery in Namibië, ons het ‘n kenner en vriend verloor. Ek sal ons laaste kuiertjie op Bergplaas koester. Alle sterkte ook aan sy familie,” het Dederick Jankowitz gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A