Geldkas leeg vir nasionale sensus
Ogone Tlhange en Jemima Beukes – Namibië is nie in staat om die nasionale sensus vir 2021 uit te voer nie, aangesien die nodige finansiële hulpbronne nie beskikbaar is nie.
Sowat N$1 miljard word benodig, het die direkteur-generaal van die beplanningskommissie (NPC), mnr. Obeth Kandjoze, onlangs gesê.
Die statistikus-generaal en uitvoerende hoof van die Namibië Statistiekagentskap (NSA), mnr. Alex Shimuafeni, het dit bevestig en gesê: “Sensus 2021 is gekanselleer en tot volgende jaar uitgestel, hoofsaaklik omdat Covid-19 geprioritiseer word.”
Dit sal die eerste keer sedert onafhanklikwording wees dat Namibië nie ’n sensus doen nie. Die taak om elke tien jaar ’n nasionale sensus te hou, is aan die NPC toevertrou met die laaste sensus wat in 2011 gedoen is.
“Ons het nie die nodige hulpbronne beskikbaar om ’n opname van N$1 miljard te voltooi nie,” het Kandjoze gesê.
“Ondanks die gebrek aan fondse, sal ons steeds voortgaan om ‘n sensus van een of ander aard te hou, het Kandjoze gesê.
“Die hoofkomponent van die opname word behou, behalwe dat die volle bedrag nie gestuur word nie, maar die werk gaan voort."
Kandjoze is nie bekommerd dat die beplanning beïnvloed sou word nie en het bygevoeg die sensus sal in die toekoms – op ’n datum wat nog vasgestel moet word – plaasvind.
“Ons het geverifieer; ons het wêreldwyd geverifieer ons kan dit verskuif na ’n tyd wanneer ons beter finansiële hulpbronne tot ons beskikking het. Die NSA is ook besig om werk verwant aan die sensus te finaliseer,” het Kandjoze gesê.
ONAANVAARBAAR
Intussen het mnr. Nico Smit van die Popular Democratic Movement die regering gekritiseer vir die besluit om nie ’n sensus te hou nie.
“Dit is onaanvaarbaar. Alles wat die regering doen is op syfers gebaseer. Jy kan nie behoorlik beplan nie; dit is regtig onaanvaarbaar. Dit is hoekom alles deurmekaar is. Dit is vreemd vir my,” het hy gesê.
Die ekonoom Mally Likukela het gesê ontwikkelingsbeplanning sal deur die afwesigheid van ’n sensus geraak word.
“Die grondslag waarop ingeligte beplanningsprosesse gebaseer word, sal beperk wees. Sensusverslae is belangrike beplanningsinstrumente en om dit nie te hê nie is ’n resep vir rampspoedige beplanningsuitkomste,” het Likukela gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie