Geldinsameling help Fishrot-hokaairoeper
Geldinsameling help Fishrot-hokaairoeper

Geldinsameling help Fishrot-hokaairoeper

Mnr. Jóhannes Stefánsson, wat volgende maand teen die beskuldigdes van die Fishcor-skandaal moet getuig, benodig geldelike hulp vir internasionale mediese behandeling.
Elvira Hattingh
Verskeie ondersteuningsgroepe vir hokaairoepers het gister 'n GoFundMe-veldtog vir mnr. Jóhannes Stefánsson begin sodat hy, onder meer, op internasionale vlak vir mediese hulp kan gaan nadat hy glo vergiftig is.

Volgens 'n verklaring wat gister deur die European Center for Whistleblower Rights uitgereik is, was daar talle pogings om wraak op Stefánsson te neem sedert hy die sluier oor die Fishrot-skandaal gelig het. Nie net het hy sy werk verloor nie, maar daar was verskeie aanslae op sy lewe en hy sê ook dat hy vergiftig is.

Dienooreenkomstig het organisasies soos Whistleblowing International, ANA LOGO, die Amerikaans-gebaseerde Whistleblower Network News en National Whistleblower Center gister 'n GoFundMe-veldtog begin om hom te ondersteun. 'n Internasio­nale koalisie is gevorm wat Stefánsson in sy stryd na geregtigheid asook finansieel sal bystaan.

“Hy kon nie behoorlike behandeling vir vergiftiging in Ysland kry nie en is nie finansieel in staat om internasionale behandeling te soek nie. Hokaairoepers soos Stefánsson is integraal om korrupsie wêreldwyd hok te slaan en benodig hulp om dit te kan doen,” lui die verklaring.

Stefánsson, die voormalige direkteur van operasionele bedrywighede in Namibië vir die Yslandse vismaat­skappy, Samherji, sal na verwagting volgende maand na Namibië terugkeer om teen die Fishrot-beskuldigdes te getuig.

Hy het saam met die media asook teenkorrupsie-owerhede gewerk om 'n omkoopskandaal van visseryregte aan die kaak te stel. Samherji se uitvoerende hoof, mnr. Thorsteinn Mar Baldvinsson, het na bewering miljoene aan Namibiese politici en maatskappye betaal om onwettige visvangregte te bekom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!