Geld die dryfveer vir wildmisdaad
Geld die dryfveer vir wildmisdaad
Verslag wys wildmisdadigers is mans
01 February 2021 | Omgewing
Francoise Steynberg
’n Gesaghebbende verslag onthul waarom 45 oortreders in ses verskillende gevangenisse in die land hulle tot wildmisdaad gewend het.
Die outeurs van die verslag “Trading Years for Wildlife” van die omgewingsorganisasie Traffic het onderhoude met 45 wildmisdadigers in 31 sake gevoer om agter die kap van die byl te kom waarom hulle wild gestroop, onwettig besit en probeer uitvoer het.
Van hulle dien vonnisse van een tot 14 jaar agter tralies uit.
Die nasionaliteite van die oortreders sluit in 20 Namibiërs (44%), asook 16 Zambiërs (36%), vyf Angolese (11%), drie Chinese (7%) en een Zimbabwiese burger (2%).
Talle van hierdie oortreders het na Namibië gereis om handel in wildprodukte te dryf, maar is aangekeer, skuldig bevind en gevonnis.
Volgens die verslag sluit die wildspesies olifante, wit- en swartrenosters, ietermagôs, luiperds, gemsbokke, sebras, buffels en leeus in. Olifanttande en renosterhorings is die gewildste wildprodukte met ivoor wat die helfte van die totale gekonfiskeerde onwettige wildprodukte was.
Sommige oortreders het die Zambezistreek wat deel is van die Kavango-Zambezi-oorgrensgebied (Kaza) as ’n brandput vir onwettige wildhandel geïdentifiseer.
Windhoek, Kongola en Rundu is as verkoop- of deurgangsroetes van wildprodukte geïdentifiseer met die Nasionale Parke Bwabwata, Mudumu, Nkasa Rupara en Etosha as die brongebiede vir olifante, leeus en renosters.
Kaza met sy lidlande Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe beskerm olifante en ander wildspesies, maar dit is alombekend dat onwettige wildhandel oorgrens tussen bron- en aanvraaglande plaasvind. Namibië word as ’n bron en deurgangsroete vir wildhandel beskou.
ALMAL MANLIK
Wat die demografie van die oortreders betref, is elkeen van die 45 manlik. Daar was drie gevalle waar vroue betrokke was, maar hulle is later vrygelaat.
Die meeste oortreders is jonger as 60, met die meerderheid onder 39 jaar oud. Vyftien mans was ten tyde van hul inhegtenisneming in hul twintigs en die meeste het beweer dat dit hul eerste keer was dat hulle ’n wildmisdaad gepleeg het.
Wat hul onderrig betref, het 18 laerskoolonderrig met nege wat tot op hoërskoolvlak gevorder het. Slegs een oortreder het tersiêre onderrig ontvang.
Die ondersoek het twee jaar geduur en onthul die ekonomiese, maatskaplike en funksionele faktore wat die mans gemotiveer het om wildmisdaad te pleeg.
Volgens die ondersoek het 34 van die mans tydens hul inhegtenisnemings werk gehad, terwyl elf werkloos was.
Die meeste (19, of 42%) se dryfveer vir onwettige wildhandel was finansiële redes soos om geld, of meer geld, te kry om hulself en hul families te ondersteun of hul inkomste aan te vul.
Veertig oortreders het afhanklikes, van wie 32 tussen een en vier afhanklikes het. Twaalf het betaalde werk gehad en sewe het nie werk of ’n inkomste gehad nie.
Uit die twaalf werkendes het vier formele werk gehad soos in die konstruksie- en sekuriteitsbedryf. Twee het informele werk by onderskeidelik ’n plaaslike winkel en as ’n werktuigkundige gehad. Ses mans het vee opgepas en stukwerk gedoen en elf was bestaansboere.
“Onwettige wildhandel is ’n baie ingewikkelde kwessie,” het die hoofouteur, Dominique Prinsloo, uitgewys.
Die bevindinge in die verslag kan as voorkomingstrategieë gebruik word. Die verslag is deur USAID gefinansier.
– [email protected]

Soortgelyk
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
31 minute gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
42 minute gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
1 uur gelede | Gesondheid
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
1 uur gelede | Landbou
Metro spoils its customers
3 ure gelede | Plaaslik
Vrou woon in haar motor by hospitaal
11 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
11 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
11 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
11 ure gelede | Weer
Kleinadvertensies