Gekweste olifant van kant gemaak

16 September 2020 | Omgewing
Francoise Steynberg - ’n Olifantbul is van kant gemaak wat glo sedert verlede jaar probleme by ’n nedersetting in die Kunenestreek veroorsaak het.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het die olifant die lewens van gemeenskapslede van die Ourundu-Uozombara-nedersetting bedreig.

“Die ministerie het verneem die olifant veroorsaak probleme en bedreig lewens deur te na aan die gemeenskap se huise te kom. Dit het daartoe gelei dat een van die gemeenskapslede die olifant op 28 Augustus gekwes het,” het Muyunda in ’n mediaverklaring gesê.

“Die dier het weens sy aggressie ’n groter gevaar vir die gemeenskap geword. Die ministerie het beamptes afgevaardig om die kwessie te ondersoek.”

Volgens Muyunda het die beamptes die flapoor vir dae sonder enige sukses gevolg.

“Die olifant is op 6 September deur gemeenskapslede in dieselfde gebied gesien en die bul het hulle bestorm. Hulle het dadelik die natuurbewaarder gekontak wat die aggressiewe olifant van kant gemaak het.”

Muyunda sê die vleis is onder die gemeenskapslede verdeel en die olifanttande word veilig by die ministerie se streekkantoor op Opuwo bewaar.

“Die olifantbul is verlede jaar deur die ministerie ná verskeie soortgelyke klagtes as ’n probleemdier verklaar. Die ministerie vind geen plesier daarin om probleemdiere van kant te maak nie, maar dit word as bestuursbenadering vereis waar mense saam met wilde diere moet leef,” verduidelik Muyunda.

Hy sê dit is gedoen volgens die bepalings in die beleid van mens-dier-konflikbestuur.

- [email protected]

Foto ter illustrasie Nampa

Soortgelyk

 

Psemas-tender sluit

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, het Woensdag (23 September) gesluit. Dit volg nadat sekere vereistes in...

Babelse verwarring oor toerismeregulasies

9 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – Met Babelse verwarring wat in die toerismesektor oor die nuwe Covid-19-regulasies heers, word steeds op meer duidelikheid gewag.“Ons sal weet sodra daar...

Gemsbok soek lafenis

9 ure gelede | In beeld

Die Desert Hills Lodge in die Naukluft-berge naby Sesriem het 'n spesiale besoeker gehad wat sy dors in die swembad kom les het. Volgens mnr....

N$30 miljoen dringend nodig om rooisprinkane te beveg

9 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Sowat N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die Afrika rooitreksprinkaan in die Zambezistreek benodig. Dit, om te...

Weer vir 28 September

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar baie warm in die Noorde met 'n paar wolke wat oor die Zambezistreek...

Skoonmaakveldtog takel landswye probleem

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – 'n Geskatte 61 ton menslike ontlasting en huishoudelike rommel word daagliks in die openbare areas in Windhoek se informele nedersettings gestort. Dié...

Twee vas weens omkopery

9 ure gelede | Misdaad

Erwin LeuschnerDie twee beskuldigdes wat weens klagte van omkopery en korrupsie aangekla word, mnr. Farhan Khatri (31) en speuradjudantoffisier Jafet Simon, is Woensdag borgtog in...

Hardap dalk tronke se nuwe episentrum

9 ure gelede | Polisie

Kristien KrugerDie Windhoek Sentrale Gevangenis is reeds weke lank in inperking vanweë 'n Covid-19-uitbreking. Dit blyk egter dat die korrektiewe geriewe in die Hardapstreek (naby...

Meeste brandvoorvalle in Havana, Goreangab

9 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause – Die Namibiese Rooikruisvereniging het noodverligtingspakkies aan 11 families oorhandig wat die slagoffers van brande in informele nedersettings was. Volgens die Windhoekse stadspolisie...